Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
151 Episodes
20 – 40

Erosie

Erosie is die verbrokkeling en slytasie van grond of rots deur water, ys en wind. Die belangrike ding om te onthou, is dat daar altyd beweging betrokke is; die gronddeeltjies of klippies word weggevoer. Erosie is ʼn geologiese proses: iets wat dus met die aarde se oppervlak oor ʼn tydperk…
26 Nov 2024 9 min

Dubbel- en meervoudige sterre

Sterre fassineer mense al vir duisende jare, en eens op ʼn tyd het hulle nie eens geweet wat dit is nie. Daar was allerhande teorieë soos dat sterre ligte was wat aan die lug gehang het en dat sterre sekere magte gehad het en aanbid moes word!
26 Nov 2024 6 min

Die maan

Die maan se bewegings is baie ingewikkeld omdat dit deur die aantrekkingskrag van die aarde, die son en die ander planete beïnvloed word. Omdat dit in vergelyking met die sterre so vinnig beweeg en ook vanweë sy opvallende skyngestaltes, was die maan boonop ʼn belangrike faktor ten opsigte van tydrekening.
26 Nov 2024 14 min

Aardkors

Het jy geweet dat die aarde ook ’n kors het? Dit is natuurlik hier waar ons woon: bo-op die kors! Die aarde bestaan uit drie hooflae: die kors, die mantel en die kern. Die mantel kan verder verdeel word in die boonste mantel en die onderste mantel, terwyl die kern…
26 Nov 2024 7 min

Beroerte

ʼn Beroerte vind plaas wanneer die bloedtoevoer na ʼn deel van die brein onderbreek of verminder word, wat veroorsaak dat breinweefsel nie genoeg suurstof en voedingstowwe kry nie. Dit lei daartoe dat breinselle binne minute begin doodgaan. ʼn Beroerte is ʼn ernstige mediese noodgeval, en vinnige behandeling deur ʼn dokter…
26 Nov 2024 10 min

Alexander Graham Bell

Danksy die vindingrykheid van die Skotse uitvinder Alexander Graham Bell was afstand skielik nie meer ʼn probleem nie, want mense kon mekaar bel! Alexander Graham Bell was egter veel meer as net die uitvinder van die telefoon; die feit dat beide sy ma en later ook sy vrou doof was,…
26 Nov 2024 9 min

Woede

Woede is ʼn sterk gevoel van kwaadheid wat jy nie kan beheer nie. ʼn Mens word gewoonlik woedend wanneer jy beledig of verontreg voel, of wreedheid en onreg sien plaasvind. ʼn Persoon wat woede ondervind, sal dikwels fisieke toestande ervaar, soos 'n vinnige hartklop, verhoogde bloeddruk en verhoogde vlakke van…
22 Nov 2024 4 min

Volume van klank

Hoe harder die musiek, hoe geselliger die partytjie, of hoe? Het jy al gewonder hoe volume werk? Wel, voordat ons volume kan verstaan, is dit belangrik om eers te kyk na waar klank vandaan kom. Alle klank is ’n vibrasie of golf wat deur materie beweeg (vaste stof, vloeistof of…
22 Nov 2024 5 min

Voedselgroepe

’n Gebalanseerde dieet is ’n dieet wat uit die regte aantal porsies van al die voedselgroepe bestaan sodat ons onder meer genoeg vitamiene en minerale inneem. Ons moet ook genoeg water drink. Hoewel water nie energie verskaf nie, is dit steeds ’n voedingstof. Ongeveer 60% van ’n mens se liggaamsmassa is water en die…
22 Nov 2024 7 min

Uitskeiding

Uitskeiding (ook ekskresie genoem) is wanneer stowwe uitgeskei word. Dit is ’n natuurlike proses vir mens, dier en plant om van afvalstowwe ontslae te raak en is een van die sewe basiese lewensfunksies.
22 Nov 2024 6 min

Strukture van diere en sigbare verskille

Alle diere is aangepas en het strukture wat hulle help om by hul omgewing aan te pas en te oorleef. Sommige strukture help diere om kos te vind, soos die uitstekende sig (oë) van ’n arend (wat vier keer beter as ’n mens kan sien!). Ander diere het kamoeflering wat…
22 Nov 2024 8 min

Soorte strukture

Die meeste strukture is ontwerp om bestendig en sterk te wees, wat beteken dat dit nie moet breek, verbrokkel of omval as iets swaars bo-op of daarteen geplaas word nie. Die vorm van ʼn struktuur is baie belangrik. Afhangend van die vorm kan ’n struktuur druk of weerstand hanteer en…
22 Nov 2024 10 min

Rivierstelsel

’n Rivier is ’n waterloop of watervoor wat in ’n natuurlike bedding vanaf ’n hoër deel van ’n omgewing na ’n laer deel van die omgewing vloei. Meeste riviere vloei vanuit die binneland wat hoër geleë is na die see wat laer geleë is. Daar is ook riviere wat in…
22 Nov 2024 4 min

Penisillien

Penisillien behoort tot ’n groep mediese middels wat antibiotika genoem word. Hierdie medisyne bestry of beveg infeksies wat deur klein lewende organismes – wat bakterieë genoem word – veroorsaak word. Penisillien werk deur te keer dat bakterieë nuwe selwande vorm. As hulle nie nuwe selwande kan maak nie, groei daar…
22 Nov 2024 5 min

Oseane rondom Afrika

Die suidelike deel van die Afrika-kontinent word deur twee oseane omsoom (omring), naamlik die Atlantiese Oseaan aan die westelike kant van die kontinent en die Indiese Oseaan aan die oostelike kant.
22 Nov 2024 6 min

Materie

Alle materie bestaan uit baie klein deeltjies wat molekules genoem word. Molekules bestaan uit twee of meer atome wat deur chemiese binding aanmekaar gehou word. ’n Mens kan nie molekules of atome met die blote oog sien nie; dit is baie klein deeltjies, selfs kleiner as ’n spikkeltjie stof.
22 Nov 2024 8 min

Die wonder van lig

Reeds van die vroegste tye af het wetenskaplikes probeer vasstel wat lig is. Vanaf 500 v.C tot 300 v.C. het navorsers soos Sokrates, Plato en Aristoteles met hul navorsing en teorieë die grondslag gelê vir onder meer sterrekunde, biologie, wiskunde, politiek en filosofie. Die meeste van hulle het probeer om natuurverskynsels…
22 Nov 2024 6 min

Lewende en nielewende dinge

Mense en diere is sekerlik die bekendste voorbeelde van lewende dinge. Lewende dinge haal asem, eet, skei afvalstowwe uit, groei, beweeg, plant voort en het sintuie waarmee die omgewing waargeneem word. Lewende organismes voldoen dus aan die lewensprosesse.
22 Nov 2024 8 min

Hernubare energie

Hernubare energie – wat ook skoon energie of groen energie genoem word – kom van natuurlike hulpbronne of prosesse wat voortdurend aangevul word, soos sonlig, water en wind.
13 Nov 2024 5 min
20 – 40