En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. MATTHÉÜS 9:36 AFR53
Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. HEBREËRS 6:19 NLV
Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God! PSALMS 42:12 AFR53
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. JEREMIA 29:11 AFR53
Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het. JOHANNES 10:10 NLV
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red. JESAJA 41:10 NLV
My krag en my sterkte kom van die Here. Hy gee my die oorwinning. Hy is my God. Ek wil Hom loof. Hy was my voorouers se God. Ek wil sy Naam verhoog. EKSODUS 15:2 NLV
Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. ROMEINE 3:24 NLV
Almal bewe as Hy uit sy woonplek kom! Hy is Israel se God, Hy maak sy kinders sterk. Hy sorg vir elkeen wat voor Hom buig. God moet geloof word, nou en vir altyd! Psalms 68:36 DB
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. HEBREËRS 4:16 AFR53
12 Mar 11PM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.