Cape Pulpit / Kaapse Kansel GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.

Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
100 Episodes
80 – 100

Jannie Putter - 'm Leier wat Dien

Jesus het gedien. Hy is die leier van alle tye. Lyerskap wys in die huis ook, nie net by die werk of op die veld nie; en dit gaan altyd oor dien.
1 May 2023 10 min

Tersia Putter - Ons Is Nooit Alleen Nie

God is altyd met ons, en ons is nooit alleen nie. Maar, ons moet leer om 'n verhouding met God te hê waar ons sy teenwoordigheid kan voel en hom geniet.
17 Apr 2023 5 min

Jannie Putter - Verander Jou Realiteit

My en jou realiteite kan anders wees, selfs het ons baie in gemeen en is soortgelyke mense. Ons maak net verskillende besluite en het ander realiteite want alles is 'n keuse.
10 Apr 2023 8 min

Jannie Putter - God Binne Ons

Die 'Fontein van God' in jou moet oor borrelom ander to seën. Moet nie dat die dinge van die lewe die Fontein in jou laat opdroog nie, want dan word 'n mens bitter.
20 Mar 2023 9 min

Jannie Putter - Hou Op Om Mense Jammer Te Kry

As ons mense (en ons kinders) jammer kry, kan dit die deur oopmaak tot selfbejammering. Dit maak die deur oop vir redes om te misluk. Ons moet hoop saai en vir ons kinders 'n kans gee om sukses te ondervind en nie redes om te misluk nie.
13 Mar 2023 7 min

Jannie Putter - Kan Jy Wen As Jy Verloor?

Het jy gewen of het jy verloor? As jy verloor, kry jy ervaring, en ervaring maak jou 'n meester. So, as jy verloor, wen jy nog darem iets. Kies so dan jou woorde met wysheid
6 Mar 2023 8 min

Jannie Putter – FOMO

Het jy ‘n vrees dat jy op dinge uitmis? Dis moontlik dat jy in gesprekke intree of by mense kuier en hulle praat net negatief. Dit is dalk moontllik dat jy jouself moet verskoon on liewers positiewe en opbouende geselskap moet kies en nie jouself bekommer as jy op iets…
30 Jan 2023 9 min

Jannie Putter – Terugslae

As ons struikel en val, weet net dat dit iets is wat almal ervaar. As jy val en jy bly lê, dan het jy hoop verloor. Staan op! Laat daardie seer plek gesond word en stap voorentoe as 'n oorwinnaar.
23 Jan 2023 8 min

Jannie Putter – Hoop

Jannie deel hoe hulle gesin ‘n oefening gedoen het waar hulle gedeel en neergeskryf het, die dinge waarvoor hulle hoop vir die nuwe jaar. Dis ‘n kragtige tyd van saamstaan en saam werk.
9 Jan 2023 7 min

Jannie Putter - Kom ons begin hierdie jaar met 'HABITS'

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te…
2 Jan 2023 11 min

Jannie Putter – Vergelyking

Ons is bang om met ander te vergelyk. Ons wil nie klink asof ons te veel van onself dink nie, maar ons wil nie klink asof ons onbevoeg is nie. So wat sê ons oor onself?
12 Dec 2022 6 min

Jannie Putter – Wat Praat Jy Oor Jou Kinders?

Ons gee vir ons kinders byname, maar wat praat ons dat elke dag oor hulle? So 'n bynaam kan hulle gedrag afekteer. Kom ons gee mekaar name wat ons gedrag tot ons voordeel sal beinvloed.
5 Dec 2022 8 min

Jannie Putter

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te…
28 Nov 2022 8 min

Jannie Putter – Het Jy Genoeg

Dis ‘n groot uidaging om in die oomblik te leef en om die dinge van die lewe te waardeur. Kan jou geld eintlik die waardevolste dinge koop?
21 Nov 2022 7 min

Jannie Putter – Moenie Oordeel Nie

As jy iemand oordeel, grawe jy vir jouself 'n gat. Leef ons sonder foute en struikelblokke? Moet dan nie ander oordeel nie. Wees vry daarvan!
14 Nov 2022 8 min

Jannie Putter – Hardkoppigheid

Hoekom wil jy nie verander nie? Vir wat is jy bang? Jannie deel hoe belangrik dit is om bereid te wees om jou gedagtes te verander.
7 Nov 2022 9 min
80 – 100