Cape Pulpit 729AM GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL

GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
226 Episodes
1 – 20

Rudi Nagel - Rubberboom, Rekbaarheid: Genade in die Elastisiteit van die Lewe

In hierdie episode bespreek Rudi Nagel die rekbaarheid van die rubberboom as 'n metafoor vir die rekbaarheid van die menslike gees. Hy beklemtoon hoe ons dikwels die druk en spanning van die lewe ervaar, maar net soos die rubberboom, kan ons veerkragtig wees en weer terugkeer na ons oorspronklike toestand…
14 Jan 10 min

Rudi Nagel - Nuwejaars Boodskap

In hierdie inspirerende episode begin Rudi Nagel die nuwe jaar met 'n refleksie oor vooruitgang en verandering. Hy bespreek hoe die nuwe jaar nie net 'n kans is vir nuwe beginne nie, maar ook vir die ontdekking van nuwe maniere om God se onveranderlike waarheid te ervaar en toe te…
7 Jan 10 min

Rudi Nagel - Oujaars Boodskap (2024)

In hierdie spesiale Oujaars Boodskap, deel Rudi Nagel sy gedagtes oor die afsluiting van 2024 en die vooruitgang na 2025. Hy reflecteer op die herinneringe van die jaar wat verby is en die lesse wat elke dag aan ons bied, selfs al is sommige herinneringe nie altyd lekker nie. Rudi…
31 Dec 2024 10 min

Rudi Nagel - Moet Kersbome Gestenig of Geniet Word?

In hierdie episode deel Rudi Nagel sy refleksies oor die betekenis van Kersfees. Hy bespreek hoe sy ervaring van Kersfees in sy jongjare gesentreer was rondom feestelikheid, sonder om Christus te erken, en later, wanneer hy Christus wel erken het, het die fees nie dieselfde vreugde gebring nie. Rudi verduidelik…
24 Dec 2024 10 min

Rudi Nagel - O Tannenbaum (Deel 1 van die Tannenbaum Trilogie)

In hierdie episode deel Rudi Nagel sy herinneringe aan die Kersfeesvieringe van sy kinderjare in Duitsland, waar hy die tradisies van "O Tannenbaum" en die magiese atmosfeer van 'n wit Kersfees beleef het. Hy bespreek hoe die kerstsfeerelemente, soos Kersbome, liedere, en geskenke, hom as kind bekoor het, maar hoe…
10 Dec 2024 10 min

Rudi Nagel - Hierdie Boom is 'n Opslag Uitskieter

In hierdie episode van Rudi Nagel, duik ons in die betekenis en impak van 'n uitskieterboom, wat simbolies is vir groei, verandering, en die potensiaal om uit die gewone te styg. Rudi bespreek hoe sulke "boom" metafore inspirasie kan bring in jou eie lewe en reis.
3 Dec 2024 10 min

Rudi Nagel - Koffieboom Konnosieurs

Lekkerbekkige lidmate word aan hul neus rondgelei. Vredes-fynproewers volg shalom na. Jou besluit waar om in die gemeenskap en gementelewe betrokke te raak, maak saak. Laat Vader se smaakvoorkeur jou lei.
26 Nov 2024 10 min

Rudi Nagel - Broodboom in die Oondjie

Die totale uitwissing van alle vorme van lewe. Daardie gedagte kan jou emosies laat vries van vrees. Daar is egter 'n selfs groter gevaar:. Naamlik as jy self ophou lewe, nog lank voordat jy gesterf het. Laat die Sonstrale van hoop jou emosionele oond verhit!
19 Nov 2024 10 min

Rudi Nagel - Bring vir die Harlekyn nog Boomalwyn

Harlekyne is nie die enigste narre wat hul ware emosies soms verskuil tydens sosiale interaksies nie. 'n Glasie wat geskink en geklink word, mag soms wel tydelik troos bring. Die klank van 'n hart wat uitgestort word voor die Lewende God, is egter die begin van ware troos.
29 Oct 2024 10 min

Rudi Nagel - Wattel, wattel kant toe nou?

Wattel, Wattel, o watter kant toe nou? Die Jaar van inperking was ook 'n jaar van Indringers. Virusse, wattels en ongenooide emosies het ons land en lewe ingeval. Vader is nooit onsydig wanneer ons vra "Watter kant toe nou?"
22 Oct 2024 10 min

Rudi Nagel - Tambotie Tameletjie

Wanneer jy tambotie-hout gebruik om meubels te maak, kan dit bewondering ontsluit. Wanneer jy egter tambotie-hout vir 'n braaivleisvuur gebruik, kan jy krampe, en selfs lewesngevaar ontsluit. So het sommige tammeletjies in my binneste, ook al heel onvoorsiene reaksies ontsluit.
15 Oct 2024 10 min

Rudi Nagel - Tiptol en Taaibos

Hoekstene en vuuryle se interaksies met swaartekrag verskil. Net so kan jou belewnis verskil: Jy voel dalk asof jy vassit, of dat jy vasgehou word. Hoe dit ook al sy, Hy bly aan jou sy!
8 Oct 2024 10 min

Rudi Nagel - Kastaiing Fraiing

In vergange jare was daaglikse probleme, en ook Kastaiing bome baie algemeen. In moderne tye is daardie daaglikse probleme steeds algemeen. Die kastaiing verspreiding het egter heeltemal uitgerafel. In hierdie gesprek begin ons 'n paar los drade bymekaar trek, om so die knoop te probeer deurhak.
1 Oct 2024 10 min

Rudi Nagel - Diepgewortelde Vreugde

Vuur, vleis en Vriendskap belowe 'n bakgat braai. Maar eers help my raai: Watter van ons land se diverse stambome het 'n enkele reguit penwortel? Die meeste van ons is stewig geanker in die vermening van veelvoudige kultuurooorspronge. Koning Jesus kroon elke kultuur met waardigheid, wanneer ons Hom as stamhoof…
24 Sep 2024 10 min

Rudi Nagel - In die Lente maak Konings Oorlog, en Bome Bloei

Jesus is Vredevors, maar ook die Bevelvoerder van die lêer van die Here. Terwyl ons altyd vredemakers bly , moet ons nie toelat dat boelies, skurke en terroriste die vryheid kry om te intimideer nie. Saam met koning Dawid, klim ons van die dak van ledigheid af. Kom neem aktief…
17 Sep 2024 10 min

Rudi Nagel - Plant 'n Boom, en hou op om te Droom!

Kom ons vat ons goeie bedoelinge, rol ons moue op en begin! Ons kry ons hande vuil om 'n werklike verskil te maak in die mense rondom ons. Bome, steggies en kindergesiggies kan almal baat darby as ons oor gaan tot aksie.
10 Sep 2024 15 min

Rudi Nagel - Plant 'n Boom en begin te Droom

Vir Boomplantdag, word in hierdie lewendige ateljee gesprek babers, akkers en 400 gestorwe steggies genoem. Maar die eintlike diepte van Boomplantdag lê in die hoop op 'n beter, groener toekoms. Hierdie hoopvolle toekoms spruit nie voort uit bome nie, maar kan wel daardeur geïllustreer word.
3 Sep 2024 11 min
1 – 20