GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
240 – 260

#JouMenseMyMense #handsakvolliefde 24 Julie 2018

GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 het op 23 Julie ons #handsakvolliefde Vrouedagprojek saam met voormalige Mev. Suid-Afrika, Lynne de Jager, Bella Tydskrif en Menlopret afgeskop. Ons maak handsakke bymekaar wat ons volmaak met “liefde” in die vorm van shampoo, ‘n sepie en ‘n waslap, tandepasta, ‘n tandeborsel en roll on…
24 Jul 2018 4 min

Jou Mense My Mense 17 Julie.

GROOTfm 90.5 — #JouMenseMyMense – Amanda van Tonder – 17 Julie 2018 Dis terug skool toe vandag vir meeste van ons land se kinders en terwyl sommiges sug - nie lus vir opstaan in hierdie koue nie - is ander opgewonde om dalk vir die eerste keer in ‘n omgewing…
17 Jul 2018 7 min

#JouMenseMyMense Di. 10 Jul

GROOTfm 90.5 — #JouMenseMyMense saam met SPAR Carla-Mei (8) en haar boetie Graham van Niekerk (13), saam met mamma Cindy-Anne, is aktief betrokke by Rock of Hope, een van Tshwane se plekke van veiligheid waar baba’s en kleuters wat gatraumatiseerd, mishandeld of weggegooi is, versorg word. Sondaemiddae is hulle 3…
13 Jul 2018 6 min

#JouMenseMyMese – 03 Julie 2018

GROOTfm 90.5 — Na Rentia se man uitloop en haar los met twee klein kinders en ‘n hoop skuld, beland hierdie enkelmamma en haar kinders by ‘n plek vir hawelose mense. Dit was wel net ‘n tydelike stop op hulle lewenspad, want van daar af stap sy elke dag kilometers…
4 Jul 2018 6 min

#JouMenseMyMense 26 Junie 2018

GROOTfm 90.5 — Madelein Pienaar het ingeskryf vir SPAR se #FindYourWingz kompetisie op Facebook met die volgende kommentaar: “Today I found my wings in the support from my friends and family after being diagnosed with breast cancer this morning. Never knew so many people cared”. Dit was maar net twee…
26 Jun 2018 4 min

#JouMenseMyMense 19 Junie 2018

GROOTfm 90.5 — Hendrik Brits is ‘n enkelpappa wat van Mei maand af as sekuriteitsbeampte werk by Laerskool Hermanstad – die skool waar ons span laas week gekuier het vir ons #Skoolmetdiebestegees projek. En Hendrik moes duidelik indruk gemaak het, want soveel van GROOTfm se personeel het kom vertel van…
19 Jun 2018 5 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Annerike Heyneke (9) van Laerskool Menlopark het tydens een van die landloopwedlope waaraan sy deelgeneem het, raakgesien dat daar atlete saam met haar hardloop wat nie een tekkies het nie. Hulle het nie eers ‘n stel klere van hulle eie gehad nie en moes tussen die hardloopitems…
12 Jun 2018 6 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Henru Grobler was maar 8 maande oud toe hy in 2001 saam met sy boeties en sussie in ‘n motorongeluk was. Sy ma en pa was besig om te skei en Pappa Hendrik was nie daardie dag by toe dit gebeur het nie. Hy het die oproep…
29 May 2018 6 min

#JouMenseMyMense 22 Mei 2018

GROOTfm 90.5 — ‘n Konvooi van 6 noodvoertuie van die @HiRiskUnit met opwindende ligte en sirenes het vanoggend voor Gidion du Toit (9) se huis gestop vir ‘n adrenalien-belaaide uitstappie na die Centurion Brandweerstasie!
22 May 2018 6 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Tannie Annalie (63) is na 7 jaar met Lupus in Januarie 2018 met baie aggressiewe Motor Neuron Siekte gediagnoseer. Dit het haar bolyf heel eerste getref wat beteken sy sukkel om te praat, eet en asemhaal, maar sy was tot nou toe nog redelik beweeglik tot sy…
8 May 2018 4 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 24 April 2018

GROOTfm 90.5 — Maria Bere is ‘n huishulp en ‘n enkelma wat hard werk om vir haar kinders ‘n beter toekoms te kan gee. Haar een dogter, Octovia, het ‘n beurs gekry en studeer hierdie jaar Skakelwese en kommunikasie deur UNISA. Op die 20ste Maart was Octovia ‘n slagoffer van…
24 Apr 2018 6 min

Jou Mense My Mense - Divenette

GROOTfm 90.5 — Lindie kuier by Divenette van Laerskool Queenswood wat al 12 operasies agter die rug het agv o.a. blindedermprobleme. Sy gaan waarskynlik 6 maande se skool moet mis om weer op die been te kom en het nie 'n mediese fonds nie... Kom raak deel van hierdie storie…
17 Apr 2018 7 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Lindie Strydom het vanoggend gaan kuier in Claremont in Pretoria-Wes by Mce en haar gesin – haar Ouma, Ma, Pa, tweeling boetie en ook klein boet van 13. Mce is 18 jaar oud. Sy is ‘n tripleeg wat beteken 3 van haar liggaamsdele is gestremd en haar…
10 Apr 2018 6 min

#JouMenseMyMense 27 Maart 2018 – “Super Girl”, Amelie

GROOTfm 90.5 — Ons het 'n klein vegter dogtertjie (10) by Laerskool Voorpos verras en vir haar klas partytjie gehou! Sy is in Januarie gediagnoseer met rare chroniese immuunsiekte... Haar mamma is 2 jaar gelede op 38 met borskanker gediagnoseer... Amelie het ten spyte van chemo steeds die redenaars by…
27 Mar 2018 4 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Caden met Prader-Willi Sindroom

GROOTfm 90.5 — #JouMenseMyMense saam met SPAR – Caden met Prader-Willi Sindroom 10 jarige Caden Benjamin van Standerton in Mpumalanga het ‘n baie raar, dodelike en ongeneeslike genetiese afwyking wat bekend staan as Prader-Willi Sindroom. Dit het sy kort lewe tot dusver absoluut oorheers wat dit vir hom moeilik maak…
6 Mar 2018 5 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — #JouMenseMyMense verras vir “Juffrou” Nicole…
6 Feb 2018 7 min

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
3 Dec 2017 4 min

JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
16 Oct 2017 7 min
240 – 260