"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly
Afrikaans South AfricaNewsAuthored by Ernst van Zyl, Arno Roodt, Charné Mostert en Louis Boshoff
In die week se episode van Podlitiek word daar gesels oor pres. Cyril Ramaphosa se getuienis voor die Zondo-kommissie, die nuwe drempel vir kragopwekking en die Taliban se oorname in Afghanistan.
Die stories wat die week onder die loep kom, is oudpres. Jacob Zuma se gesondheid, die geskommelde kabinet, en die afwesigheid van beloning vir Suid-Afrika se medaljewenners.
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die skandaal rondom Zweli Mkhize, die jongste rakende die onteieningswet en Wêreldrugby se klag teen Rassie Erasmus.
In die week se episode gesels Paul Maritz en Ernst van Zyl oor drie nuusgebeure wat hierdie week hul aandag getrek het, spesifiek die reuserasklag wat Solidariteit gister by die VN se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie ingedien het, die treurmare van die EFF se kant af jeens die…
In die week se episode van Podlitiek word daar gesels oor die voorstel dat die verkiesing uitgestel word, die verskillende reaksies op die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal en hoe Suid-Afrikaners hulself staatsbestand kan maak.
In die week se episode bespreek Daniël Eloff en Ernst van Zyl die nuusstorie wat die koerantopskrifte oorheers, naamlik die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal.
In die week se Podlitiek bespreek Paul Maritz en Daniel Eloff drie stories wat van groot mediabelang is, naamlik die jongste gebeure rondom oudpres. Jacob Zuma, Ernst Roets se reis na die VSA en die ANC se verhouding met China.
In die week se weergawe van Podlitiek bespreek Paul Maritz en Daniel Eloff drie stories wat van groot mediabelang is, naamlik die vlak 4-inperking, die aankondiging dat oudpresident Jacob Zuma moet tronk toe, en die ontipiese vanne in die Britse- en Ierse Leeus-spanne.
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, die regering se powere pogings tot die plasing van dokters en die jongste besluite rakende onteiening sonder vergoeding.
Met die ANC en veral President Cyril Ramaphosa wat in die afgelope week skynbaar ‘n paar besluite geneem het wat teen hul beginsels ingaan, wonder die Podlitiek-span of die groot kokkedore aan die sogenaamde stuur van Suid-Afrika dalk van tyd tot tyd op hul podsending inskakel. Vernaamlik in terme van…
Podlitiek is terug en die week is Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee, met drie stories en meegaande analises wat jou as luisteraar aan die dink en aan die praat sal kry.
Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur - maar hierdie…
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die nuutste korrupsieskandaal waar by Zweli Mkhize, minister van gesondheid, betrek word.
In die episode is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die stuur van sake, en hulle ondersoek die nuutste oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NVG), sowel as die Poskantoor wat vir homself ‘n monopolie op pakkies onder 1kg wil skep.
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste verwikkelinge rondom Ace Magashule, die kwessie van water en sanitasie in Koster en die saak van twee polisiebeamptes wat ontslaan is weens valse klagtes van rassisme.
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die saak van Thandi Modise wat van dieremishandeling aangekla is, ANC-werkers wat nie betaal word nie en die Piet Retief-hofsaak.
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die hofuitspraak rakende die rassistiese toerismefonds, die Kubaanse ingenieurs wat verlede week in Suid-Afrika aangekom het en voormalige DA-leier Helen Zille se nuwe boek.
In hierdie episode van Podlitiek is Ernst van Zyl en Paul Maritz in gesprek. Die onderwerpe wat ter sprake kom, is die chaos wat in Piet Retief plaasgevind het, die teleurstellende stand van die toerismehulpfonds en die nuus dat nog Kubane ingevlieg is om Suid-Afrika te kom “help”.
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste rakende swart ekonomiese bemagtiging, die onlangse beslissing rakende John Hlophe en Suid-Afrika wat die toediening van die J&J-enstof tydelik gestaak het.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor vanjaar se munisipale verkiesing, die hofsaak oor ivermektien en die petrolprys wat 'n rekordvlak bereik het.
8 Apr 2021
40 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.