"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly
Afrikaans South AfricaNewsAuthored by Ernst van Zyl, Arno Roodt, Charné Mostert en Louis Boshoff
In vandeesweek se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste gebeure rakende die Openbare Beskermer, die ANC se afgelope beleidskonferensie, en Amerika word daarvan beskuldig dat hy 'n resessie probeer wegsteek.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste gebeure rakende Eskom, minister Lindiwe Sisulu wat wil hê skole moet 50/50 wit en swart wees en pres. Cyril Ramaphosa se kil ontvangs in KwaZulu-Natal.
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor Eskom en beurtkrag, die taverne-tragedie in Oos-Londen, die laaste verslag van die Zondo-kommissie en Panyaza Lesufi wat die ANC se nuwe provinsiale voorsitter in Gauteng is.
In hierdie week se episode gesels die Podlitiek-span oor die Bela-wysigingswet, die Covid-19-regulasies wat opgehef is en die ondersoek na adv. Dali Mpofu vir wangedrag teenoor ʼn kollega.
In die week se episode word daar gesels oor die diefstal op pres. Cyril Ramaphosa se plaas, die EFF wat dreig met ‘n nasionale stilstand en die Gupta-broers wat in Dubai in hegtenis geneem is.
In hierdie week se Podlitiek-episode word daar twee groot sake op die nasionale nuus-agenda bespreek, naamlik pres. Cyril Ramaphosa se SEB-adviesraad en die vermeende rassevoorval by 'n KwaZulu-Natalse privaatskool.
Op die agenda is die naam van die Taalmonument, die beplande skenking aan Kuba asook die veelbesproke voorval wat onlangs by die Universiteit Stellenbosch plaasgevind het.
In hierdie episode van Podlitiek gesels Paul Maritz met dr. Leon Schreiber, ‘n parlementslid sowel as pasverkose lid van die raad van die Universiteit Stellenbosch.
Die week gesels die Podlitiek-span oor die aborsiedebat in Amerika, die jongste verwikkelinge rakende die Zondo-kommissie en DA-leier John Steenhuisen se besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne.
"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
In die week se episode van Podlitiek word daar gesels oor AfriForum se hofoorwinning rakende ‘n skenking aan Kuba, die jongste ramptoestandmaatreëls en ActionSA wat Makhosi Khoza se lidmaatskap opgeskort het.
Podlitiek is terug en die week word daar gesels oor die herhaalde verlenging van die ramptoetstand, die geweldige toename in brandstofpryse wat verwag word en die Menseregtekommissie se werksaamhede die afgelope weke.
Die Podlitiek-span besoek Ernst virtueel in sy huis vir ‘n uur lange onderhoud oor waar hy vandaan kom, hoe hy groot geword het, en waarom hy doen wat hy doen. Luister gerus na hierdie onderhoud om een van Suid-Afrika se voorste jong denkers van naderby te leer ken.
In die week se episode #ontnonsens die span die Wysigingswet op Basiese Onderyws, die nuwe internetsensuurwet asook die jongste gebeure in die Rusland-Oekraïne-konflik.
Podlitiek is terug en die week gesels die span oor Suid-Afrika se jongste lening aan Kuba en die hofsaak teen Julius Malema oor die afvuur van 'n aanvalsgeweer. Die derde deel van die Zondo-kommissie se verslag kom ook onder die loep.
In hierdie week se episode is Frederik, Daniël, Ernst en Paul agter die mikrofone, met twee stories op hul agenda: Die pas afgelope AfriForum/EFF-hofsaak en die afgelope weke se gebeure in Oekraïne.
24 Feb 2022
42 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.