Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,137 Episodes
780 – 800

Christene in Indië kom onder skoot te midde van pandemie

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die uitdagings wat Christene in Indië ervaar. Die land het tans die derde meeste gevalle van Covid-19 in die wêreld en die streng beperking het daartoe gelei dat die mees geïsoleerde en…
8 Sep 2020 8 min

Bekroonde rolprentmakers terug met nuwe natuurlewe-fliek

Die rolprentvervaardiger en aanbieder Bonné de Bod het met Maroela Media via Zoom gesels oor die dokumentêr "Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales" wat hierdie week op die Silwerskermfees uitgereik is. De Bod het verduidelik wat die kykers van haar en Susan Scott se jongste natuurrolprent kan verwag.
4 Sep 2020 11 min

Dowwe Dolla hou eerste en enigste aanlyn vertoning

Margit Meyer Rödenbeck het vroeër vanjaar aangekondig dat haar alter ego, Dowwe Dolla, vanjaar sou aftree. Maar weens die Covid-19-pandemie het sy haar uittrede uitgestel na volgende jaar, sodat sy haar gehoor finaal in die oë kan kyk. Dowwe Dolla doen wel die eerste van haar finale vertonings vir die…
28 Aug 2020 9 min

Help, my kind se ontwikkeling sukkel ná inperking

Ruda Roux, ʼn arbeidsterapeut wat dienste aan die Meta-sentrum bied, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die soort ontwikkelingsprobleme wat kinders kon opdoen weens die staat van inperking, asook hoe om dit te hanteer. Luister hier vir raad, en hoor sommer waarvoor daar nou meer tyd…
26 Aug 2020 14 min

Kry jouself in rat vir die laaste skof van 2020

René Arendse het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe om gemotiveerd te bly en hoe jy jou emosies as’t ware Covid-19-bestand kan maak. Sy deel in die gesprek talle wenke oor positiwiteit.
21 Aug 2020 17 min

Herman Lensing: ‘Ek het die lewe deur my ma se voorskoot leer ken’

Die bekende kosghoeroe Herman Lensing se kosreis het nie begin in ʼn deftige kookskool in Frankryk nie. Nee, sy liefde vir kos het in sy ma, Susan, se kombuis op Upington in die Noord-Kaap begin, waar hy fluks op ʼn stoel staan en help het en alles ingeneem het wat…
20 Aug 2020 7 min

‘Spreek lewe’ – ’n boodskap van inspirasie vir die jongmense

Robert Pollard, ʼn pastoor wat dienste aan die Meta-sentrum bied, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe hy die gemoedstoestand van jongmense in die Covid-19-pandemie ervaar. Hy het ook raad vir ouers en onderwysers oor hoe om jongmense in hierdie tyd te ondersteun.
12 Aug 2020 11 min

Onderwys in gesprek: Gevolge van hernude sluiting van skole

Skole het aan die einde van Julie weer vir vier weke gesluit. Carien Bloem, hoof van onderwyssake by AfriForum, en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, bespreek watter gevolge dié hernude sluiting vir onderwysers en leerders inhou.
11 Aug 2020 13 min

Help vervolgde Christenvroue so

Augustus is Vrouemaand in Suid-Afrika en die kollig val opnuut op vroueregte. In die Afrika-vasteland beïnvloed die vervolging van Christene die lewensomstandighede van vroue direk wat die here dien. Jan Gouws uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor gesels.
5 Aug 2020 7 min

Hoe gemaak met Afrikanerstandbeelde?

Kruger se standbeeld het al in die verlede ook onder vandale deurgeloop en dit het nou die vraag laat ontstaan of daar nog ʼn plek vir veral Afrikaner-standbeelde in Suid-Afrika is. En indien wel, waar daardie plek is?
17 Jul 2020 1 hour

Nuwe musiekduo sing pop-rock-liefdeslied

Die nuwe musiekduo Held van Harte het onlangs sy tweede enkelsnit, “Legkaart”, uitgebring en daarin sing die lede oor selfwaarde, moeilike tye en liefde. Janie Monsieur gesels met hulle oor hoe die groep begin is en watter tipe musiek hulle maak.
14 Jul 2020 9 min

’n Getuienis: Covid-19 plaas steeds druk op vervolgde Christene

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die krisis waarin die Covid-19-pandemie vervolgde Christene in Asiatiese lande dompel. Hy het die getuienis van Samson in Mianmar met Esté Meyer Jansen gedeel.
9 Jul 2020 7 min
780 – 800