Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,134 Episodes
660 – 680

Hoop vir die Midde-Ooste

Geopende Deure fokus op die Midde-Ooste met ʼn spesiale veldtog genaamd "Hoop vir die Midde-Ooste". Volgens Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, wil die organisasie bewusmaking skep oor die vervolging van Christene in die Midde-Ooste. Vicky het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor gesels en verduidelik hoe…
16 Sep 2021 6 min

Neil Somers roer hartsnare met nuwe musiek

Neil Somers het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Anja van der Merwe gesels oor die inspirasie agter sy nuwe enkelsnit, “Jy is water”, wat pas uitgereik is.
16 Sep 2021 10 min

‘Begrond’ wys daar is hoop, selfs in donkerste tye

‘Begrond’, uit die pen van dr. Dirk Hermann, is ʼn aangrypende verhaal oor ʼn plaasmoord in Suid-Afrika wat die jong Faan Venter, sy familie en die gemeenskap tot in hul fondamente skud. Jy kan hier na die volledige enkelradiodrama luister.
15 Sep 2021 1 hr 12 min

Vroue samel duisende rande in vir sanitêre ware

Retha Ingenbleek van Spar het telefonies met Maroela Media gesels oor die sukses van die Spar Women’s Virtual Challenge en die reusebedrag wat deelnemers stil-stil vir die liefdadigheidsprojek van vanjaar se uitdaging ingesamel het.
10 Sep 2021 4 min

Luister: Maroela Media is op soek na Afrikaans se grootste grap

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, het ʼn draai in die ateljee gemaak om meer te vertel oor die mediahuis se soektog na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye. Luister na die onderhoud om uit te vind hoe jou gunsteling- Afrikaanse grappe jou Mauritius toe kan vat.
6 Sep 2021 6 min

Luister: Organisasie steun vervolgde Christene in Indië

Maroela Media het vroeër vandeesmaand met Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, gesels oor die organisasie se veldtog om vervolgde Christene in Indië te ondersteun. Kente het die getuienis van Praveen en Shanti, ʼn Christen-egpaar in die land, gedeel.
31 Aug 2021 5 min

Luister: Brendan Peyper warm weer op

“Daar is niks anders wat ek in die wêreld wil doen nie en dis lekker om die geleentheid te hê om die bedryf te verteenwoordig.”
20 Aug 2021 9 min
660 – 680