GROOTfm 90.5 Annelie Bouwer

Annelie Bouwer

#BrunchMetAnnelie vermaak jou weeksdae van 9 tot 12, en Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaan. Annelie is ernstig daaroor om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Sy inspireer luisteraars spontaan en moedig mense aan om hul ingesteldheid te verander van; "Ek kan nie help nie, want ..." tot, "Miskien kan ek dit nie doen nie, maar hier is wat ek KAN doen!" Annelie het ook 'n talent om op 'n persoonlike, onkonvensionele en vermaaklike manier met haar luisteraars te verbind. Sy laat mense op hul gemak voel – of jy nou 'n gas in die ateljee of luisteraar is. Diep en betekenisvolle oomblikke word gedeel tydens #LOSITBETER en #SpreekLewe. Die bekroonde “Kom Ons Praat Daaroor”-geselsprogram vorm ook deel van #BrunchMetAnnelie. Die meeste mense is van mening dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is, maar Annelie sê brunch is! Veral as dit deur hierdie rooikop bedien word! Smaaklike ete!
Weekly Afrikaans South Africa Music
409 Episodes
300 – 320

William Wolf

Die sanger William Wolf gesels met Annelie oor sy nuwe enkelsnit "Somer", sy grootste wens en of hy glo in liefde met die eerste oogopslag.
15 Oct 2021 11 min

Bouwer Bosch en Ruan Jordaan

Bouwer Bosch en Ruan Jordaan kuier op die #BrunchmetAnnelie en vertel van hulle nuwe alternatiewe liefdes ballade #meerasgereed, Straatligkinders se nuwe musiek en moontlike colabs.
14 Oct 2021 16 min

Spreeklewe - 'n Hart van dankbaarheid

Kolossense 2:6&7 Om 'n lewe van dankbaarheid te lewe is 'n keuse maar daar gebeur ook verskeie buitengewone dinge met ons wanneer ons besluit om altyd dankbaar te wees. Dankbaarheid kweek nederigheid, positiwiteit en geluk. Dit help met ons fisiese en geestelike gesondheid.
6 Oct 2021 7 min

Wat jy moet weet - Krugersdorp moorde

Netwerk 24 Joernalis, Jana Marx kom gesels met Annelie oor die Krugersdorp moorde (ook bekend as die afspraak moorde) die nuwe dokumenter oor dit genaamd Devilsdorp en haar boek. Sy vertel ook hoe die saak haar persoonlik geraak het.
6 Sep 2021 29 min

Spreeklewe - Die tong is 'n giftige swaard

In die Bybel is daar meer as 'n honderd verse wat gaan oor die tong en wat ons waarsku hoe gevaarlik dit is. Jacobus gaan selfs so ver as om te sê dat die tong met die hel se vuur aangesteek word. Ons het al hieroor gepraat maar miskien moet…
1 Sep 2021 6 min

Wat jy moet weet - Verslawing deel 2

Elizabeth (skuilnaam) vertel ons meer van Al-anon die 12 stap program vir familielede van verslaafdes. Wat jy kan doen, hoe om jouself te help en dat jy nie alleen is nie
23 Aug 2021 13 min

Spreeklewe - Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense?

Wanneer dit sleg gaan met gelowiges vra ons baie vinnig - hoekom gebeur slegte goed met goeie mense? So asof ons verwag dat omdat ons glo ons juis immuun is teen die aanvalle van 'n gebroke wêreld terwyl dit teenoorgestelde waar is. Die vraag is nie - Hoekom gebeur slegte…
11 Aug 2021 7 min

Nianell

Nianell gesels so net voor Vrouedag met Annelie oor 'n liedjie wat sy en haar sussie Riana Nel in 2013 saam opgeneem het "Ek is vrou" sowel as waarmee sy nou besig is en dat ons kan uitsien na nuwe musiek
6 Aug 2021 7 min

Spreeklewe - Wat is liefde

Ons kyk na 1 Korintiers 13 met nuwe oë. Hierdie hoofstuk vertel vir ons wat liefde is, nie net die liefde van getroudes en paartjies nie maar liefde vir mekaar. Hoe moet jy optree teenoor jou kollegas, vriende, familie, naaste, mede gelowiges en die wat nie glo nie. Jy moet…
4 Aug 2021 6 min

Wat jy moet weet - Troeteldiere

Veearts, Dr. Amy Sawyer, gesels oor die basiese dinge wat troeteldier eienaars moet weet. Alles van inentings, sterilisasie tot die kos wat hulle eet
2 Aug 2021 13 min

Bottomless Coffee Band

Esté Rabé van Bottomless Coffee Band gesels met Annelie oor hulle ervarings in Nashville, Memphis en New Orleans, Amerika; hulle nuwe album Prediker en enkelsnit Jonk en Verlore en hoe dit is om saam met jou wederhelfte te werk.
30 Jul 2021 10 min

Wat jy moet weet - Versekering

Christijan Schoeman het meer as 10 jaar ervaring in versekering. Hy gesels met Annelie oor wat jy moet weet rondom versekering. Hoe kies mens 'n versekerings maatskappy, hoe verseker jy dat jou premie nie jaarliks te veel opgaan nie en hoe word premies saamgestel.
26 Jul 2021 16 min

Wat jy moet weet - POPI Act

Advokaat Riaan Schoeman het met Annelie kom gesels oor die POPI Act en hoe dit ons raak. Wat is die POPI ACT, wat beteken dit en wat staan jou te doen. Hy verduidelik vir ons "gewone" mense in leke terme hoe dit werk.
19 Jul 2021 14 min

Ruan Josh

Ruan Josh kuier by die #BrunchmetAnnelie Hy deel sy nuwe enkelsnit 'Verlore' met ons en gesels ook oor die ongelooflike musiek video van die liedjie.
12 Jul 2021 15 min

Lucinda en John-Henry

Lucinda Neethling en John-Henry Opperman het op die Brunch met Annelie kom gesels oor hulle nuwe liedjie 'Ons is Ons' en Lucinda se nuwe album 'Uitgeskryf'
9 Jul 2021 15 min
300 – 320