GROOTfm 90.5 Annelie Bouwer

Annelie Bouwer

#BrunchMetAnnelie vermaak jou weeksdae van 9 tot 12, en Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaan. Annelie is ernstig daaroor om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Sy inspireer luisteraars spontaan en moedig mense aan om hul ingesteldheid te verander van; "Ek kan nie help nie, want ..." tot, "Miskien kan ek dit nie doen nie, maar hier is wat ek KAN doen!" Annelie het ook 'n talent om op 'n persoonlike, onkonvensionele en vermaaklike manier met haar luisteraars te verbind. Sy laat mense op hul gemak voel – of jy nou 'n gas in die ateljee of luisteraar is. Diep en betekenisvolle oomblikke word gedeel tydens #LOSITBETER en #SpreekLewe. Die bekroonde “Kom Ons Praat Daaroor”-geselsprogram vorm ook deel van #BrunchMetAnnelie. Die meeste mense is van mening dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is, maar Annelie sê brunch is! Veral as dit deur hierdie rooikop bedien word! Smaaklike ete!
Weekly Afrikaans South Africa Music
409 Episodes
280 – 300

#LositBeter Triomf kliniek

Zahn Hulme van die Atterbury Trust gesesl oor Triomf kliniek wat mense sonder medies uithelp en hulle nuwe Laser Toerusting.
19 Apr 2022 8 min

Ivan Roux onderhoud

Ivan Roux het 'n draai op #BrunchmetAnnelie kom maak en kom vertel van sy nuwe enkelsnit #opsoeknaliefde en sy nuwe album wat binnekort uitkom
13 Apr 2022 14 min

#LositBeter Community Caring Forum

Deirdré van Helsdingen die besturende direkteur van die Community Caring Forum het meer kom vertel oor hulle buurt skoonmaak projekte.
12 Apr 2022 10 min

Wat jy moet weet - Familie reg

Shani van Niekerk 'n senior assosiaat by Adams&Adams verduidelik wat familie reg is. Hoe daar bepaal word watter ouer onderhoud moet betaal en hoeveel. En wat die regte van ouers is.
11 Apr 2022 6 min

Kahn Morbee

Die sanger Kahn Morbee gesels met Annelie al die pad uit Nederland uit oor sy nuwe enkelsnit "She takes me home"
22 Feb 2022 8 min

Wat jy moet weet - Tinder Swindler

Prof Renata Schoeman, Psigiater en hoof van die MBA in Gesondheidsleierskap aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool, gesels met Annelie oor die Tinder Swindler en hoe om jouself teen 'n psigopaat te beskerm.
21 Feb 2022 12 min

Spreeklewe - Reputasie vs karakter

"Moenie jou te veel bekommer oor wat ander van jou dink nie, jy gaan in elk geval nie beheer daaroor hê nie. Jou reputasie is wat ander van jou dinik, maar jou karakter is wat God van jou weet. Werk dus eerder aan jou karakter." Ds. Francois Cilliers
16 Feb 2022 8 min

Salome Meyer - CEO Cancer Alliance

Salome gesels met Annelie oor die verslae wat die kanker alliansie opgestel het oor die gapings in ons mediese fondse en gesondheidsorg wanneer dit by kanker kom.
14 Feb 2022 11 min

Wêreld Radio dag - Anele Mdoda

Dit is wêreld radio dag en die bekende radio-omroeper en tv aanbieder Anele Mdoda gesels met die #KomOnsPraatDaaroor span oor radio en hoekom sy mal is oor die medium
11 Feb 2022 17 min

Dr. Karen Surridge - CSIR solar project

Dr. Karen Surridge - projek bestuurder van die WNNR en SANEDI se solar projek kom verduidelik hoe die projek werk, die studies wat rondom dit gedoen word en hoe dit ons moontlik in die toekoms kan baat
24 Jan 2022 11 min

Valiant Swart

Op Donderdag 27 Januarie 2022 word daar 'n veiling gehou ten bate van Valiant Swart se vrou Lanelle. Valiant vertel vir Annelie meer oor die rede vir die veiling en die kitare en memorabilia wat deel gaan uitmaak van die veiling
20 Jan 2022 10 min

Arno Carstens

Arno Cartstens gesels met Annelie oor sy nuwe enkelsnit "Reason" sy opkomende Afrikaanse album en die Springbok Nude Girls
18 Jan 2022 7 min

Spreeklewe - 'n Nie-traditionele seënbede vir 2022

Ons begin 2022 met 'n Nie-traditionele seënbede. (Franciscan blessing) Mag God jou seën met ongemak, Vir maklike antwoorde, halwe waarhede, En oppervlakkige verhoudings Sodat jy diep in jou hart Kan lewe Mag God jou seën met woede Vir onreg, onderdrukking, En die uitbuiting van ander mense, Sodat jy kan werk…
12 Jan 2022 5 min

Danie Reënwolf - Ruiters van die Kaap

Danie (du Toit) Reënwolf gesels met Annelie alles Spoegwolf... Hulle nuwe album, hulle Loftus Park show, hulle nuwe kantoor en die feit dat hulle op die beste plek as band en in persoonlike lewens is
23 Nov 2021 8 min

Spreeklewe - Die weduwee se kruik

God sorg vir ons elke dag. Soms kyk ons alles wat die Here vir ons doen mis, maar kyk terug oor jou lewe en jy kan God se Hand sien in die moeilikste tye in jou lewe. Die uitkomste wat vir jou gegee is toe jy gedink het daar is…
17 Nov 2021 7 min
280 – 300