GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
685 Episodes
1 – 20

Vir Beter: Tshego Gaelae Mrs SA & Mrs World

Sy was eers gekroon as Mev Suid-Afrika 2024 en nou maak sy verder geskiedenis deur die gesogte Mev Wêreld-titel te wen. Tshego Gaelae van Soweto is 'n vrou op 'n missie en vasbeslote om te inspireer, bemagtig en betekenisvolle verandering na Suid-Afrika te bring.
17 Feb 18 min

Lunch Punch: André Schwartz oor Gesigte

André Schwartz oor Gesigte. Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het; vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. Soos met alle herinnerings is daar veranderlikes. Verewig wisselend in die album van ons geheue; altyd nuutgeskep op die doek van ons verlange, soos lewende kuns. Elke gesig…
7 Feb 7 min

Lunch Punch: Fatman & Bibi oor Papreën

Fatman en Bibi stel hulle nuwe tong-in-die-kies liedjie, Papreën, vry. Die twee weet net hoe om die komedie na die tafel toe te bring, terwyl hulle ook soos engele saamsing.
31 Jan 33 min

Lunch Punch: Fran Prins oor Bitterblou

Fran Prins is na die sukses van Hoogtyd terug met sy nuwe enkelsnit, Bitterblou en deel meer oor sy unieke musiekreis, passie en die inspirerende mense wat oor sy pad gekom het.
29 Jan 31 min

Lunch Punch: Nataniël oor Cake Topper

Van die kreatiewe gees agter musiek, teater en kunstige ontwerp, bring Nataniël sy splinternuwe vertoning Cake Topper na gehore, wat die grense van visuele en klank kuns verken.
27 Jan 32 min

Vir Beter: Lynette Beer oor haar splinternuwe aanlynplatform

Lynette Beer is ‘n suksesvolle lewensafrigter wat haar nuwe aanlynplatform bekendstel – 'n hulpmiddel wat saam met die nuwe jaar praktiese, lewensveranderende raad bied wat jou kan help om die beste weergawe van jouself te word.
20 Jan 15 min
1 – 20