VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
Occasionally English South Africa Language Learning · Arts
95 Episodes
60 – 80

Nuus uit die Taalkommissiebinnekring

Nuus uit die Taalkommissiebinnekring (Gerhard van Huyssteen). Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gedurende die laaste week van Februarie 'n sitting in Windhoek, Namibië gehad. In hierdie podsending gee Gerhard terugvoer oor van die besluite wat geneem is, asook oor sommige van die nuwe woorde…
3 Mar 2018 14 min

Tinteltong Toekennings

Tinteltong Toekennings (Gerhard van Huyssteen). AfriVriendelik bekroon jaarliks sakeondernemings wat Afrikaans kreatief gebruik en uitbou. In hierdie podsending gesels Gerhard oor sy ervaring by die 2018-geleentheid. Hy reflekteer ook oor vooropgestelde idees, en hoe Afrikaanssprekendes dalk met meer respek na mekaar moet luister.
24 Feb 2018 12 min

“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” die sprinkaan.

“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan. (Jana Luther) Die menslike stem is ’n geskakeerde instrument. Met ons stemme kan ons allerhande geluide naboots. Ons doen dit van die vroegste tye af, en ons doen dit steeds. Luister maar na kinders, wanneer hulle speel. Dié soort klankekspressie – waar…
21 Feb 2018 7 min

Tolkterminologie

Tolkterminologie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Wat is die verskil tussen vertaling en tolking? Of tussen vertaling en lokalisering? En watter verskillende soorte tolking kry 'n mens? Prof. Marné Pienaar (Universiteit van Johannesburg) vertel van twee terminologieprojekte waarby sy en haar kollegas betrokke is. Verwysing :Pienaar, M. & Beukes,…
18 Feb 2018 10 min

Oor moedertaalmaand

Oor moedertaalmaand (Gerhard van Huyssteen) 21 Februarie is jaarliks Internasionale Moedertaaldag en daarom is Februarie moedertaalmaand by Afrikaans.com. Is moedertaalonderrig slegs 'n kwessie onder Afrikaanssprekendes, of is dit ook iets waarmee sprekers van ander Afrikatale hulle bemoei? Trouens, verkies mense nie dalk om eerder in Engels begroet te word nie,…
17 Feb 2018 10 min

Trap versigtig as jy nie kan sien nie

Trap versigtig as jy nie kan sien nie (Sophia Kapp). Oor trolle en die taal - hoe om op internetfora raad oor taal te vra en hoe om dit uit te deel.
15 Feb 2018 6 min

Wat is spelling en waar pas dit in?

Wat is spelling en waar pas dit in? (Gerhard van Huyssteen) Om die selfstandige naamwoord "spelling" of werkwoord "spel" te definieer, is nie so eenvoudig as wat jy dink nie. In hierdie episode praat Gerhard oor wat spelling is en waar dit presies in die taalkunde inpas. Hy verduidelik ook…
9 Feb 2018 18 min

Online language course: Gesellig Afrikaans

Online course: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen and Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk talks about an online computer-assisted language learning course that was developed at the University of the Free State. This exciting new course, called Gesellig Afrikaans, is aimed at learners of Afrikaans as a foreign language…
8 Feb 2018 5 min

Wat is "name and shame" in Afrikaans?

Wat is "name and shame" in Afrikaans? (Gerhard van Huyssteen) Dit is dikwels moeilik om Engelse idiome of segswyses, soos byvoorbeeld "name and shame" in Afrikaans te vertaal. In hierdie week se podsending vertel Gerhard van 'n kreatiewe voorstel van dr Frikkie Lombard van die WAT en Taalkommissie.
3 Feb 2018 10 min

Vat dit met 'n bietjie sout!

Vat dit met 'n bietjie sout! (Gerhard van Huyssteen). Sê ons in Afrikaans jy moet iets met 'n knippie/knypie/korreltjie sout neem/vat? En waar kom die uitdrukking vandaan? Kry ons ook dieselfde wisseling in Engels (tussen "a pinch/grain of salt")? Hierdie vrae word aan die hand van uitgebreide korpusdata ondersoek en…
26 Jan 2018 16 min

Oor humor en hase

Oor humor en hase (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord "haasbek" vandaan? En hoekom is daar 'n hele genre hasiegrappies in Afrikaans? In hierdie podsending vertel Gerhard van Huyssteen meer oor hoe humor werk deur normale gespreksbeginsels en -voorwaardes te oortree.
22 Jan 2018 13 min

Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1

Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1 (Gerhard van Huyssteen en Wannie Carstens). Proff. Wannie Carstens en Edith Raidt is twee bekendes op die gebied van die geskiedenis van Afrikaans. Aan die einde van 2017 het deel 1 van 'Die storie van Afrikaans' by Protea Boekhuis verskyn. Ons…
21 Jan 2018 1 hr 15 min

Waar kom voëlname vandaan?

Waar kom voëlname vandaan? (Gerhard van Huyssteen). Afrikaans het 'n ryk woordeskat van plant- en diername? Maar waar kom al hierdie name vandaan? In hierdie episode gesels Gerhard oor die verdeling tussen erfgoed, leengoed en eiegoed, en bespreek dit aan die hand van 'n klompie Afrikaanse voëlname.
16 Jan 2018 23 min

Versamelname – Vers 2

Versamelname – Vers 2 (Sophia Kapp). Is ’n dolfyn ’n vis of 'n bees? Die kwessie van versamelname word nog 'n keer ondersoek.
4 Jan 2018 5 min

Die juffrou wil 'n antwoord hê – Vers 1

Die juffrou wil ’n antwoord hê – Vers 1 (Sophia Kapp). Oor skilpaaie, die moerige ma en die juffrou wat nie nageslaan het nie. Hoe gemaak met versamelname?
3 Jan 2018 6 min

Intensiewe vorme, Noag en die kanon

Intensiewe vorme, Noag en die kanon (Sophia Kapp). 'n Lys taalrelikweë, die jonger geslag wat van die troon af taal maak, en die ouer geslag wat dit uit die kroeg gedoen het. Waarvandaan sal ons hulp kom?
28 Dec 2017 5 min

Kom ons praat maar weer oor aanspreek

Kom ons praat maar weer oor "aanspreek" (Jana Luther). Onder invloed van Engels wat moeilikhede “address” word vraagstukke in Afrikaans al dekades lank “aangespreek”, ten spyte van deurlopende pogings oor net soveel dekades heen om dié gewraakte woord uit die taal te weer. Is die gebruik daarvan regtig so verkeerd?
25 Nov 2017 7 min
60 – 80