OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,411 Episodes
660 – 680

Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie

Bayer bied geïntegreerde oplossings aan produsente deur toppresterende saad en geentegnologie met ’n wye reeks gewasbeskermingsoplossings te kombineer. Vanjaar is daar ook opwindende nuus met die Boervrou van die Jaar-kompetisie. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met Bayer se Marna Swart gesels om meer uit te vind.
14 May 2024 11PM 2 min

Landbou Boereplanne deelnemer gesels oor uitvindings

Sowat 10 deelnemers het vanjaar hulle uitvindings ingeskryf vir die Nampo Boereplanne. Boer en deelnemer van Secunda, Lourens Jacobs, het vanjaar twee van sy Boereplanne, albei in die B-afdeling van die kompetisie ingeskryf - die Stomp Chopper en die Korrel chemikalieë toediener.
14 May 2024 11PM 2 min

Klimaatsverandering: verantwoordelikheid lê ook by produsente

Produsente kan nie van die realiteit van klimaatsverandering wegskram nie. Tydens vandag se eerste Nasie in Gesprek paneelbespreking by Graan SA se NAMPO Oesdag, het Agri SA hoof uitvoerende beampte, Johann Kotzé, gesê dat landbouers nie nog reëls en wetgewing nodig het om verantwoordelik te boer nie. Hy meen dat…
14 May 2024 7AM 4 min

Plaaskombuis bied meer kanse om te smul in styl by NAMPO

Nog ‘n nuutjie by vanjaar se NAMPO Oesdag is die Syngenta Landbou Boerekos Plaaskombuisrestaurant, naby hek 2. OFM Agri se Robyn Schutte het met Syngenta bemarkingsbestuurder, Christian Giesel (Engels ghee-zil), gesels tydens die bekendstelling.
13 May 2024 11PM 2 min

NAMPO 2024, wat om te verwag

OFM Inhoudsbestuurder het met NAMPO Park bestuurder, Bennie Saayman, gesels oor Graan SA se NAMPO Oesdag wat vandag begin…
13 May 2024 11PM 7 min

Agri Noord-Kaap bou vir die toekoms

Op die vooraand van Graan SA se NAMPO Oesdag waar duisende besoekers verwag word, hoor ons van georganiseerde landbou-organisasies oor waarom betrokkenheid op hierdie vlak van kardinale belang is. Vanoggend hoor ons van Agri Noord-Kaap se Willem Symington.
12 May 2024 11PM 4 min

Wat hou NAMPO weer in?

Onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, vertel wat ons van die weer kan verwag hierdie NAMPO Oesdag week.
12 May 2024 11PM 2 min

What's in Farmers Weekly – 17 May Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
10 May 2024 11PM 2 min

Vroegspeen van lammers deel 3

Johan Gunter gesels met John Melville bestuurder veselverkryging Noord van OVK oor die voordele van vroegspeen van lammers en Zinandi Geyerhet die nuutste wolpryse.
9 May 2024 11PM 5 min

Toenemende spanning rondom moontlike koalisies

Tydens die SA Stamboek IQ Elite Seminaar met die tema “Veerkragtige Veeproduksie in ’n Veranderende Wêreld” wat onlangs in Bloemfontein aangebied is, het mederedakteur van Vrye Weekblad, Anneliese Burgess, tydens ’n paneelbespreking gefasiliteer deur Prof. Piet Croucamp van die Noordwes Besigheidsskool, kommer uitgespreek oor die moontlikheid van politieke onstabiliteit in…
8 May 2024 11PM 5 min

Landbou belangrike ekonomiese dryfveer

Tydens ’n insiggewende paneelbespreking by SA Stamboek se IQ Elite Seminaar, het Dr. Johan Willemse, ’n ervare landbou-ekonoom, die belangrikheid van die landbousektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie beklemtoon.
8 May 2024 11PM 4 min

Dr Johnny van der Merwe - vleispryse

Dr Johnny van der Merwe gee die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers en die jongste oliepryse.
7 May 2024 11PM 4 min

Veerkragtigheid deel van Suid-Afrikaners se DNA

Tydens die SA Stamboek IQ Elite Seminar oor Veerkragtige Veeproduksie in ‘n Veranderende Wêreld, het mederedakteur van die Vryeweekblad, Anneliese Burgess, ‘n kragtige toespraak gelewer wat die aandag gevestig het op die veerkragtigheid van Suid-Afrikaners te midde van uitdagings.
7 May 2024 11PM 4 min
660 – 680