OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,408 Episodes
600 – 620

Vrystaat RPO kongres vind eersdaags plaas

Die Vrystaat RPO kongres vind plaas op Donderdag 13 Junie. Johan Gunter gesels met die visie voorsitter van die RPO in die Vrystaat, Jan Hendrik Liebenberg oor wat die kongresgangers kan verwag.
9 Jun 2024 10PM 1 min

Privaatbrandweerdiens beskikbaar in Bloemfontein

Verliese van minstens R36,5 miljard is aangeteken in die meer as 136 600 brande wat vanaf 2020 tot 2022 in Suid-Afrika aangemeld is. AfriForum het vandeesweek sy eerste privaat brandweerdiens in Bloemfontein bekendgestel. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Tarien Cooks, AfriForum se rampbestuurspesialis…
6 Jun 2024 11PM 4 min

Hoe om opdroog van lakterende ooie vergemaklik

Johan Gunter gesels soos gewoonlik op ‘n Vrydag skaapsake en OVK se John Melville vertel hoe die opdroog van lakterende ooie vergemaklik kan word en dan het Zinandi Geyer die laaste wolmarkverslag van hierdie seisoen…
6 Jun 2024 11PM 6 min

What's in Farmers Weekly – 14 June Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
6 Jun 2024 11PM 2 min

Noord-Vrystaat vleispryse

Chris Derksen gee vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig, 5 Junie…
5 Jun 2024 11PM 1 min

Gesondheidsvoordele van draagbare osoon sauna

Diegene wat NAMPO Oesdag besoek het, sal dalk Global Wellness Enterprises se stalletjie onthou waar ‘n draagbare osoon sauna ten toon gestel is. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Verkoopsbestuurder George Viljoen oor die gesondheidsvoordele en ‘n spesiale aanbod wat nou geldig is.
5 Jun 2024 11PM 5 min

Ekonomiese hupstoot wag vir Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse ekonomie staan op die vooraand van ‘n moontlike groot ekonomiese hupstoot. Dit kan gerealiseer word deur die goedkeuring van uitvoerprotokolle vir diereteelmateriaal. OFM Agri se Robyn Schutte het met Dr Pierre van Rooyen hieroor gesels…
5 Jun 2024 11PM 18 min

Belangrikheid van brandmerk van vee

Onlangs is ‘n aantal vee in die Vrystaat gebuit en weer terugbesorg aan hul eienaars nadat die polisie die verdagtes vasgetrek word. Dit is egter nie altyd die geval nie. Dikwels word vermoedelik gesteelde vee gevind, maar dan kan die eienaar nie opgespoor word nie. Johan Gunter gesels met Isabel…
5 Jun 2024 11PM 4 min

Groot Afname in Suid-Afrika se 2023/2024 Sojaboonoes

Die 2023/24 sojaboon-oes is 36% laer op 'n jaargrondslag, na raming 1,7 miljoen ton, as gevolg van swak opbrengste in verskeie streke van die land. OFM Agri se Robyn Schutte het met voorsitter van die sojaboonwerkgroep van Graan SA, Ryk Pretorius, hieroor gepraat…
4 Jun 2024 11PM 7 min

Good stockmanship for successful egg production

Starting a layer farm requires careful consideration of several factors to ensure success. According to Ofhani Mavhungu, a technical adviser at NUTRI Feeds, choosing the right operational model is crucial. Prospective farmers must decide between battery cages and free-range systems, each with its unique challenges. Understanding these challenges and planning…
3 Jun 2024 11PM 9 min

Kry meer uit jou braaikuikenboerdery

As jy braaikuikens aanhou en voel jou hoenderboerdery is vir die voëls, NUTRI Feeds het onlangs baie waardevolle inligtingsessies aangebied om produsente te help meer winsgewend wees. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met tegniese adviseur, Francois la Grange.
2 Jun 2024 11PM 3 min

Groei en inflasie-vooruitsigte positief

Die Reserwebank glo groei en inflasie vooruitsigte lyk beter as vroeër vanjaar en het die Repo-koers onveranderd gehou, op 8,25%. Ekonomiese ontleder verbonde aan die Noordwes Universiteit, Prof. Waldo Krugell vertel meer…
2 Jun 2024 11PM 1 min

Aktiniese Keratose in Suid-Afrika: ‘n Toenemende gesondheidsbedreiging

In Suid-Afrika, waar sonblootstellingskoerse hoog is, is aktiniese keratose veral algemeen. Individue wat aansienlike tyd in die buitelug deurbring, soos boere, loop 'n groter risiko om hierdie toestand te ontwikkel. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Dr Bradley Wagemaker, oor die kondisie.
2 Jun 2024 11PM 5 min

Wen met Sparta Kalf Klub

Suid Afrika en veral die Vrystaat het wêreldklas beesboere en Sparta wil soveel as moontlik van hierdie uitstekende genetika direk by die beesboer aankoop. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Charles Mathewson oor die Sparta Kalfklub en ‘n opwindende Kompetisie.
2 Jun 2024 11PM 1 min

What's in Farmers Weekly – 7 June Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
30 May 2024 11PM 2 min

Markgereedheid van lammers en wolpryse

Johan Gunter gesels oudergewoonte op ‘n Vrydag met OVK se John Melville oor die vroegspeen van lammers en hoe om hulle markgereed te kry; en Zinandi Geyer het die nuutste wolpryse.
30 May 2024 11PM 5 min
600 – 620