OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,405 Episodes
500 – 520

Pluimveebedryf verwelkom hersiening van BTW-vrye mandjie

Tydens sy parlementêre openingsrede, het president Cyril Ramaphosa verneem om die BTW-vrye voedselmandjie te hersien. Sprake dat been-in Suid-Afrikaanse hoender moontlik oorweeg word. OFM Agri se Robyn Schutte het met stigter van Fair Play, Francois Baird, hieroor gesels.
24 Jul 2024 8PM 6 min

Agterstand by Onderstepoort Biological Products 'n hindernis vir veeartse

Namate Suid-Afrika al meer geteister word deur veesiektes en uitbrekings, wat erge gevolge vir verskeie bedrywe inhou, is veeartse toenemend bekommerd oor die agterstand in die lewering van entstowwe vanaf Onderstepoort Biological Products. OFM Agri se Robyn Schutte berig in diepte oor die agterstand. Sy hoor by ’n veearts in…
23 Jul 2024 8PM 8 min

OBP-agterstand kniehalter ook wildberdryf

Nog ’n ernstige bekommernis is die tekort aan die miltsiekte-entstof, wat reeds ’n ernstige uitwerking het op veeartse en boere. OFM Agri se Robyn Schutte hoor by dr. Brian Reilly van die Universiteit van die Vrystaat, oor die gevare wat die agterstand by OBP vir die wildbedryf kan inhou…
23 Jul 2024 8PM 1 min

Gebruik van pleeggewasse en gewasreste in die vestiging van lusern en koring

Die vestiging van meerjarige gewasse soos lusern kan uitdagend wees, veral in droëlandgebiede waar waterbeperkings en ongunstige omgewingstoestande die groei van jong saailinge kan belemmer. Een benadering om hierdie uitdaging aan te spreek, is deur die gebruik van pleeggewasse. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met medeprofessor en voorsiter van…
22 Jul 2024 8PM 12 min

Waterregte en waardasies - wat banke moet in ag neem

Wanneer dit by waterregte en die waardasie van ‘n eiendom kom, is daar ‘n paar faktore wat in ag geneem moet word. In ‘n aanlyn werkswinkel het Agri SA se Janse Rabie vir regskenner Adriaan Groenewald gevra waarna banke moet oplet en eienaars moet van bewus wees…
21 Jul 2024 8PM 3 min

Meer oor die A1 verklaring

Wanneer veediefstal plaasvind, is daar spesifieke prosedures wat gevolg moet word om die misdaad aan te meld. Johan Gunter gesels verder met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou oor die A1 verklaring…
21 Jul 2024 8PM 4 min

Slang in die gras rakende beskikbaarheid van teengif

Die South African Vaccine Producers (SAVP), ‘n subafdeling van die National Laboratory Services, is verantwoordelik vir die vervaardiging van polyvalente en monovalente teengif vir plaaslike slange. Die grootste probleem wat hulletans ervaar, is ‘n gebrek aan produksiekapasiteit en infrastruktuurkwessies, OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Buitengewone professor aan die…
21 Jul 2024 8PM 3 min

What's in Farmers Weekly – 26 July Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
18 Jul 2024 11PM 2 min

Metodes om lammers teen probleemdiere te beskerm

Johan Gunter gesels oudergewoonte op ‘n Vrydag skaapsake met OVK se John Mellville. Vandag vertel hy meer oor watter metodes gebruik kan word om jou lammers te beskerm teen probleemdiere.
18 Jul 2024 8PM 3 min

John Steenhuisen begrotingsdebat repliek

Die nuwe Minister van Landbou, John Steenhuisen, het onderneem dat sy departement verskeie uitdagings sal pak om die sektor meer volhoubaar en veerkragtig vir beide gevestigde asook nuweling boere te maak. In antwoord op sy begrotingsrede Dinsdag (16/7), het Steenhuisen ’n onvervulde onderneming om 10,000 voorligtingsbeamptes te voorsien, as voorbeeld…
17 Jul 2024 6PM 3 min

Opvolgbeplanning - aanbly in boerdery

In ons vierde insetsel oor opvolgbeplanning in ‘n familie boerdery gesels Du Preez de Villiers met kenner, Willem van Jaarsveld van die Leadership, Agriculture & Recreational Development Agency tydens ‘n praatjie op Kragdag Wes-Kaap vroeër vanjaar oor wanneer ‘Pa’ besluit om aan te bly in die boerdery…
17 Jul 2024 6PM 3 min
500 – 520