OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,401 Episodes
440 – 460

Agri Noord-Kaap kongres fokus op volgende geslag landbouers

Die Agri Noord-Kaap jaarkongres vind vanaf vandag in Kimberley plaas. OFM Agri se Robyn Schutte het met president Willem Symington gesels oor wat vanjaar se tema is, asook wat kongresgangers kan verwag en hoe selfs die breë publiek kan meemaak…
20 Aug 2024 11PM 6 min

Vroue in Landbou: Anika de Beer se herlewingsdrif

Anika de Beer, die bekende weerkundige met stralende glimlag en warm persoonlikheid, het nie net in die harte van Suid-Afrika se televisiegehore ingekruip nie, maar het ook al haar spoor in Sentraal-Suid-Afrika gelaat. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger gesels met haar as deel van ons Vrouemaandreeks.
19 Aug 2024 11PM 11 min

Wat is “Thinking the Future”?

Tydens Vrystaat Landbou se onlangse jaarkongres in Bloemfontein het prof. Cobus Oberholster ‘n praatjie gelewer oor “Thinking the Future” en wat dit vir jou boerdery beteken…
19 Aug 2024 11PM 3 min

Aret Labuschagne van Zastron

As deel van OFM Agri se Vroue in Landbou gespreksreeks gesels Johan Gunter met Aret Labuschagne van Zastron…
18 Aug 2024 11PM 2 min

Hou RNE verantwoordbaar

Tydens Agri Wes-Kaap se onlangse jaarkongres, het politieke ontleder, Moeletsi Mbeki, ‘n oorsig gegee oor die verskeie groeperinge waaronder Suid-Afrika regeer is, en ‘n beroep op burgers gedoen om te sorg dat ons nuwe ampsdraers verantwoordbaar gehou word vir dienslewering…
18 Aug 2024 11PM 1 min

Vroue in Landbou: Peritum leiers neem die voortou

Vandag op ons Vroue in Landbou insetsel het ons ‘n dubbeldoor dames. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het by Peritum Agri Institute in Bloemfontein gaan inloer…
15 Aug 2024 11PM 13 min

Vroue in Landbou: Dr. Anathi Makamane, Kovsies se koningin van volhoubaarheid

Hierdie Augustusmaand leer OFM Agri meer oor uitblinkers in landbou. Vandag se bedryfsvertakking is volhoubare landbou en onderwys, en Robyn Schutte gesels met Dr Anathi Makamane, professor aan die departement van Volhoubare Voedselstelsels en Ontwikkeling by die Universiteit van die Vrystaat…
14 Aug 2024 11PM 6 min

Vroue in Landbou: Alani Janeke boer met stories

Hierdie Augustus kyk OFM Agri na uitblinkers in die landbousektor en vandag se bedryfvertakking is landboujoernalistiek. Ons gas is welbekend as ‘n oud OFM-er, boorling van die Vrystaat en as jy ‘n gereelde leser van Landbou Weekblad is, het sy amper geen bekendstelling nodig nie. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger gesels…
13 Aug 2024 11PM 12 min

Verantwoordelike plaagdoder gebruik belangrik

Die gebruik van plaagdoders en ander chemikalië op gewasse, is ’n algemene praktyk in die landboubedryf. Daar bestaan egter kommer dat landbouers nie altyd weet hoe om die produkte veilig te gebruik en te berg nie. OFM Agri se Robyn Schutte het met Kommunikasiebeampte by CropLife SA, Elriza Theron, gesels…
13 Aug 2024 11PM 7 min

Ondanks positiewe sentiment het beesbedryf steeds uitdagings

Ten spyte van die positiewe sentiment na aanleiding van die verkiesingsuitslag wat onlangs in die land ervaar is, ervaar die beesbedryf – saam met die res van die rooivleisbedryf –uitdagings wanneer dit die tweede helfte van die jaar binnegaan. OFM Agri se Robyn Schutte het met voorsieningskettingbestuurder by die Beefmaster…
12 Aug 2024 11PM 3 min

Vroue in Landbou: NUTRI Feeds se Santa Ferreira

Hierdie Augustusmaand leer OFM Agri meer oor uitblinkers in landbou. Vandag se bedryfsvertakking is landbou-bemarking en Robyn Schutte gesels met Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder van NutriFeeds.
12 Aug 2024 11PM 4 min

Jong boere se betrokkenheid noodsaaklik vir georganiseerde landbou se toekoms

‘n Knelpunt wat bespreek is tydens die Vrystaat Landbou-kongres, is die betrokkenheid van jonger boere in georganiseerde landbou. Met die klem op die toekoms van landbou, gesels OFM Agri se Robyn Schutte met Voormalige streeksverteenwoordigers en oorkonde-ontvangers, mnre John Kotze en Borrie Erasmus…
12 Aug 2024 11PM 4 min
440 – 460