OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,397 Episodes
220 – 240

AMT Vleisprysoorsig

AMT se Dr Johnny van der Merwe gee die jongste lewende hawe en ander pryse deur.
10 Dec 2024 10PM 6 min

AMT Graanmarkoorsig

AMT se Dr Johnny van der Merwe gee die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte
10 Dec 2024 10PM 4 min

Jaaroorsig 2024: Graan SA kyk terug

Die landbousektor in Suid-Afrika het in 2024 verskeie uitdagings die hoof gebied, maar het ook weereens sy veerkragtigheid en volhoubaarheid bewys. Dr Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Graan SA, kyk terug op sy eerste volle jaar in sy amp en deel Graan SA se Kersboodskap en vooruitsigte vir die komende…
9 Dec 2024 10PM 6 min

Agbiz/IDC landbousakevertroue-indeks styg

Die Agbiz/IDC landbou-sake-vertroue-indeks het met 10 punte van die derde tot vierde kwartaal gestyg. Dit is die tweede opeenvolgende verbetering en plaas die indeks op sy hoogste vlak sedert die tweede kwartaal van 2022. Agbiz hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo, vertel wat tot hernude optimisme gelei het…
9 Dec 2024 10PM 2 min

Landbou: ’n Enjin vir Groei en Werkskepping

Die landbousektor kan ’n sleutelsektor wees om Suid-Afrika se jeugwerkloosheidskrisis aan te spreek, maar dit sal vereis dat belanghebbendes in die bedryf nou saamwerk en gerigte ondersteuning bied. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Van der Byl Roux, korporatiewe strategiespesialis by Al Mabroor Projects hieroor…
9 Dec 2024 10PM 6 min

2024 Jaaroorsig: AgriSA

In die eerste van ‘n reeks jaaroorsigte, gesels OFM Inhoudsbestuurder Elzette Boucher-Kruger met AgriSA hoofbedryfsbeampte, Jolanda Andrag…
8 Dec 2024 10PM 5 min

Waardebepaling van gesteelde vee

Johan Gunter gesels met Dr. WA Lombard oor sy navorsing oor die waardebepaling van gesteelde vee. Aan die een kant kyk hulle na die prys per kilogram vir slagwaarde en aan die ander kant kyk na vervangingswaarde.
8 Dec 2024 10PM 5 min

What's new in Farmer's Weekly - 13 December Edition

Sindira Chetty, digital editor of Farmer’s Weekly, unpacks the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
6 Dec 2024 12AM 2 min

Veediefstal navorsing

Veediefstal bly ‘n groot probleem vir veeprodusente. Johan Gunter gesels met Dr. WA Lombard oor sy navorsing in hierdie verband.
4 Dec 2024 10PM 7 min

Chris Derksen vleispryse

Chris Derksen gee vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig 4 Desember…
4 Dec 2024 10PM 1 min

AMT Vleispryse

AMT se dr. Johnny van der Merwe bied 'n ontleding van die jongste bewegings in die lewendehawepryse. Die nasionale gemiddelde speenkalfprys het laasweek met byna 3% gedaal na R32,96 per kilogram, met uit-die-hand verkope op R33,19 per kilogram.
4 Dec 2024 12AM 6 min

Vrystaat Landbou veiligheidswerkswinkels

Johan Gunter gesels met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou gesels oor veiligheidswerkswinkels wat hierdie jaar aangebied is en wat in die pyplyn is vir die nuwe jaar.
4 Dec 2024 12AM 5 min

AMT Graanmarkoorsig

AMT se dr. Johnny van der Merwe gee 'n oorsig oor die jongste graanmarktendense. Die droë toestande in groot dele van Suid-Afrika beïnvloed aanplantings en oesvooruitsigte. In die oostelike streke is grondvogvlakke laag, en sommige boere moes reeds oorplant. Hierdie onsekerheid hou pryse op hoë vlakke, aangesien voorrade beperk is…
4 Dec 2024 12AM 6 min

COP29: SA boere reeds op regte pad

“COP29 was ’n bewys van Suid-Afrika se posisie in die globale arena. Ons is deel van die oplossing en moet voortgaan om innoverend en doelgerig te werk om klimaatsverandering te bestuur.” Jolanda Andrag, AgriSA bedryfshoof, was onlangs deel van die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat georganiseerder landbou by COP29, die VN se…
3 Dec 2024 10PM 6 min

Vrystaat Jongooiklub: Pieter Brink en Eduard Prinsloo

Johan Gunter gesels met Pieter Brink ‘n jongboer van Edenburg distrik en ook met Eduard Prinsloo van Heuningkrans merinos oor die Vrystaat jongooi klub en hulle gevoel oor die dag, die projek en die omstandighede tans in die boerdery.
2 Dec 2024 10PM 5 min

Skaapkuddebestuur en wolnuus

Oudergewoonte op ‘n Vrydag gesels Johan Gunter met OVK se John Melville oor skaapkuddebestuur, vandag praat hulle oor ooie wat nou klaar gelam het, kruipvoeding en ‘n inentingsprogram; en Zinanda Geyer het die jongste vanaf die wolkantoor…
28 Nov 2024 10PM 5 min
220 – 240