Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
151 Episodes
60 – 80

Poppekas

Die meeste van ons hou van ʼn lekker storie. Dit is boonop nog meer opwindend as daar drama, beweging en aksie saam met die stemme wat die storie vertel, is. Een so ʼn vorm van storievertelling is poppekas.
5 Mar 2024 14 min

Planete

Die aarde is ons woonplek, en soms vergeet ons dat daar benewens die aarde, son en maan – dinge wat ons baie goed ken én kan sien – ook baie ander dinge in die ruimte is wat ons dalk nie met die blote oog kan sien nie. Die bekendste ander…
5 Mar 2024 8 min

Pablo Picasso

As ʼn kind se eerste woord piz is, die verkorting van die Spaanse woord lápiz wat “potlood” beteken, is die kans baie goed dat dié persoon eendag ʼn skrywer of ʼn kunstenaar gaan wees.
5 Mar 2024 16 min

Persoonlike higiëne

Ons kom elke dag in aanraking met miljoene kieme en om te keer dat ons nie siek word of ander mense siek maak nie, moet ons mooi na ons liggame kyk.
5 Mar 2024 7 min

Oos-Kaap

Die Oos-Kaap is ewe beroemd vir strande om in die somer op te baljaar as vir bergpieke waarop ski-kampioenskappe gehou word.
5 Mar 2024 29 min

Ontdekking van goud

Dink hoe vaal sou die wêreld sonder goud wees! ʼn Mens kan nie aan juweliersware, medaljes, trofeë en ander versierings dink sonder om aan goud te dink nie. Hoewel goud reeds in die tyd voor Christus ontdek en gebruik is, is dié waardevolle en kosbare metaal eers in die 19de…
5 Mar 2024 24 min

Noordwes

Noordwes is ʼn streek met mielielande wat in goeie somers van horison tot horison strek.
5 Mar 2024 10 min

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap is die grootste provinsie in Suid-Afrika, maar dit het die minste inwoners. Dorpe is ver uitmekaar en baie kinders wat op plase en piepklein dorpies woon, was nog nooit in ʼn stad nie.
5 Mar 2024 17 min

Nelson Mandela

Nelson Rolihlahla Mandela was Suid-Afrika se eerste swart president en word as die “vader van demokrasie” in Suid-Afrika beskou omdat hy vir vrede en regverdigheid geveg het, asook vreedsaam onderhandel het vir die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika.
5 Mar 2024 9 min

Natuurlike hulpbronne

Natuurlike hulpbronne is materiaal of stowwe wat natuurlik voorkom. Hierdie stowwe is in ʼn onverwerkte, natuurlike vorm en op daardie manier waardevol vir menslike gebruik.
5 Mar 2024 10 min

Nasionale Vrouemonument

Die Nasionale Vrouemonument is in 1913 in die suide van Bloemfontein in die Vrystaat opgerig, ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat van 1899 tot 1902 tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het.
5 Mar 2024 8 min

Mpumalanga

Mpumalanga is die tweede kleinste van Suid-Afrika se nege provinsies en is in die noordoostelike deel van die land geleë – voorheen bekend as Oos-Transvaal.
5 Mar 2024 19 min

Mozart

Wolfgang Amadeus Mozart (1756-1791) word gereken as een van die beste klassieke komponiste wat die wêreld nóg gesien het.
5 Mar 2024 11 min

MIV/Vigs

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is menslike immuniteitsgebreksvirus of MIV (HIV in Engels) ’n baie ernstige siekte waaraan meer as 40 miljoen mense al dood is.
5 Mar 2024 7 min

Mikroörganismes

Mikroörganismes is lewende organismes wat te klein is om met die blote oog te sien en word gewoonlik met ’n mikroskoop bekyk. Bakterieë, virusse, fungi (of swamme), alge en protista is voorbeelde van mikroörganismes.
5 Mar 2024 11 min

Medisyne

Ons ken medisyne as pille, stroop, inspuitings en binneaarse vloeistof (intraveneuse terapie of drup), asook salf en medisinale olies. Om te ontwikkel tot die verwerkte vorm van medisyne wat ons vandag gebruik, het medisyne ’n lang pad gestap vanaf ’n natuurlike vorm – meestal plante of kruie.
5 Mar 2024 17 min

Inkomstes en uitgawes

Jy kry gewoonlik sakgeld (wat dalk volgens jou hopeloos te min is). Dit is jou inkomste per maand. Uitgawes is weer die geld wat jy uitgee. Wat koop jy met jou sakgeld?
5 Mar 2024 11 min

Improvisasie

Improvisasie is die kuns of handeling om te improviseer, of om enigiets te komponeer, uit te spreek, uit te voer of te verwerk sonder vooraf voorbereiding
5 Mar 2024 9 min

Emosies

Voel jy partykeer hartseer as jy ʼn mooi fliek kyk; raak jy kwaad as jou maats met mekaar baklei; het jy ʼn troeteldier waarvoor jy baie lief is? Die verskillende gevoelens wat jy ervaar, noem ʼn mens emosies.
5 Mar 2024 11 min

Die Uniegebou

As die Uniegebou in Pretoria kon praat, sou dié gebou wat al meer as ‘n eeu oud is, seker nooit ophou gesels nie! Die gebou het ’n pragtige uitsig oor die stad Pretoria en is die amptelike setel van Suid-Afrika se regering.
5 Mar 2024 9 min
60 – 80