KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
201 Episodes
180 – 200

Die worsie en breëboontjies van die nuwe Koning.

Die Kletsers praat bietjie Vrydag nonsens. Matthys hou regtig nie van Charlie nie. Brittanje is in twee geskeur oor die nuwe koning. Van hul hou duidelik van worsies en breëboontjies. Kan jy dink hoe gaan London ruik oor ‘n paar uur. En ongetroud hou jou gelukkig, wel volgens Tannie Amore.
5 May 2023 23 min

Die Stingel van Stres

Die span KLETS vandag oor Stres. Is dit so deel van ons lewe dat ons nie eens meer agterkom dat ons stres nie? 'n Studie bewys dan vroue meer stres as mans. Ons gesels met Greta van Rensburg oor die nuwe reeks "siel" waar jy meditasies wat nie indringend of…
4 May 2023 19 min

Voedselinflasie knyp Suid-Afrikaners

Die span KLETS saam Dr. Hester Vermeulen van Die Buro van Voedels- en Landboubeleid (BFAP) oor die stygende voedselpryse en wat die prys van kos beïnvloed. Dr. Vermeulen deel 'n paar wenke oor hoe om die inflasie en pryse te beheer in jou kosmandjie.
3 May 2023 32 min

Mayday, Mayday

Mayday, Mayday die hele wêreld behalwe Cyril dink hulle sink, miskien moet ons almal kry wat hy drink. Die span "beklets" verlede week se nuus van Amerika tot Sudan asook die massas Russiese soldate wat leier loos gesterf het in die Oekraïne. Elon wil nie sy bord vol kos met…
2 May 2023 29 min

Die volharding van Afrika en sy innovasies.

Suid-Afrika het 'n hele gross innovasies en uitvindings waarop ons moet trots wees. Maar meer moet ons trots wee op die feit dat ons as Afrikaners voldhard in alles wat ons doen en aanpak. Ons "beklets" die uitvindings van Suid-Afrika en raak aan die hartsnaar van die Carike Keuzenkamp liedjie…
28 Apr 2023 31 min

Oranje Blanje Blou - moet hy ry of moet hy bly?

Die Oranje Blanje Blou was onlangs weer in die nuus. Waar kom die ou Suid-Afrikaanse vlag vandaan en hoekom staan dit bekends as die Apartheidsvlag? Ons gesels met Johan Wolfaardt 'n Museumkundige by Potchefstroom Museum en Voorsitter van Heritage Potchefstroom Erfenis.
26 Apr 2023 29 min

Die Katte van Kyknet.

Ons "beklets" die nuwe katte op Kyknet. Wie is die vrouens van Die Real Housewives van die Wynlande. Waar kom hul vandaan en wie gaan die meeste moeilikheid maak?
25 Apr 2023 19 min

Die Minister sonder 'n Mandaat.

Dis Maandag en ons "beklets" verlede week se nuusgebeure in en om Suid-Afrika. Dr Blade Nzimande se ego, Kgosientsho Ramokgopa's se job description en die SA se vuil hande. Ons deel ook ons eerste houtlepel uit vir die week.
24 Apr 2023 24 min

Is daar meer dae as geld in jou maand?

'n Onlangse studie van Capitec se gebruikers data dui aan dat Suid-Afrikaaners word armer by die dag. Ons spandeer gemiddeld 8% meer op kruideniersware en 16% meer op brandstof. Leef ons almal op skuld om deur die maand te kom? In klets gesels ons oor die stand van persoonlike finansies…
21 Apr 2023 24 min

Wat jy drink se baie van jou

Almal het hul gunsteling drankie. Maar wat se daai drankie van jou persoonlikheid. Volgens Greg, 'n kroegman in London, kan jou gekose "gif" baie van jou persoonlikheid en omstandighede se. Ons hoor ook wat is die beskendste drankies in Suid-Afrika.
20 Apr 2023 19 min

Is mense wat van die huis af werk lui?

Is werk van die huis af nog 'n goeie opsie vir waar ons as Suid-Afrika is vandag of steek mense wat by die huis werk nie maar net lyf weg nie?
19 Apr 2023 18 min

Van Warmbad tot Wimbledon.

Ons gesels met Etienne Pretorius oor die groot keuse wat hy en sy man gemaak het om te immigreer van Suid-Afrika na die Verenigde Koninkryk. Hul noem huis nou "Wimble-fontein". Wat was die redes hoekom hulle verhuis en het wat mis hul die meeste van Suid-Afrika.
18 Apr 2023 19 min

Die Thabo Bester en boerewors sepie

Elke Maandag "beklets" die span die vorige week se nuus gebeure. Die week is dit die Thabo Bester Sepie, die "Gold Mafia" en wie verlang na boerewors? Ons gee ook die eerste Klitser van die week toekenning.
17 Apr 2023 21 min

Graad vang is nie altyd raak vang nie.

Graad vang is nie altyd raak vang nie. Wat is die eintlike rede hoekom Colene in Pretoria kom kuier het? Elke jan rap en sy maat het 'n MBA. Is daar nog waarde in 'n MBA? Maak 'n graad my sukselvol en is daar nie te veel "slim" mense en…
14 Apr 2023 27 min

Die Straatbewoners van Pretoria

Wie bly in die strate van Pretoria? Moet Suid-Afrika betaal vir immigrante om na hul gekose nuwe huis te vertrek of moet ons bereid wees om die inwoners op sypaadjies te aanvaar? Moet ons bly of moet ons ry? Die span gesels binnekort met vriende en kennise wat die stap…
13 Apr 2023 17 min

Is Uber nog veilig?

Om te Uber of om nie te Uber nie? Is dit vandag nog veilig om in 'n Uber te klim of waag jy jou lewe? Die span "beklets" hul ondervindinge in Ubers en ook waarna moet jy uitkyk voor jy in 'n vreemde persoon se voertuig klim.
12 Apr 2023 23 min

Tussen die Lakens

Is ons almal behep met seks? Kry ons genoeg of te veel? Hoe lank hou seks? Wat is jou raad vir "anoniem" se plasing op 'n Seks Facebook Blad. Kom gesels saam en stuur vir ons 'n e-pos na klets@afrikaans.radio met jou "KLETS" idees.
11 Apr 2023 24 min

Die prys van eet.

Om te eet of nie te eet nie? Die prys van kos styg maand tot maand. Dit wat jy vandag koop in die winkels is tot 30% duurder as wat dit 'n paar maande gelede was. By watter supermark kry jy die beste "deal"?
6 Apr 2023 16 min

Wat is geluk?

Wat is geluk? Hoe voel dit? Wat maak jou gelukkig? En wat is die gelukkigste lande in die wereld en hoekom?
5 Apr 2023 25 min
180 – 200