Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
98 Episodes
80 – 98

Kerkstraatbom: 40 jaar later talm die reuk van bloed steeds

Johan Böning, 'n afgetrede polisiekolonel, het Maroela Media vertel oor die grutonele wat op 20 Mei 1983 in Kerkstraat, Pretoria, afgespeel het toe ʼn motorbom voor die Poynton-gebou, waar die lugmaghoofkwartier destyds geleë was, ontplof het.
25 May 2023 1 min

Regering moet oop kaarte speel oor Chinese ‘spioenasieskip’

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, sê die regering is Suid-Afrikaners 'n behoorlike verduideliking verskuldig oor presies wat die Yuan Wang 5, 'n Chinese waarnemingskip, in Suid-Afrikaanse gebiedswater doen.
22 May 2023 1 min

77 plaasaanvalle in 90 dae

AfriForum se jongste verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon dat daar nie ’n noemenswaardige afname in syfers tussen die eerste kwartaal van hierdie jaar en dieselfde tydperk verlede jaar is nie.
22 May 2023 1 min

Gou spring om Gautengse leerders in te skryf

Ouers en voogde wat hul kinders volgende jaar vir gr. 1 of -8 in Gautengse skole wil inskryf, moet kennis neem dat die aanlyn registrasieproses op 15 Junie 2023 om 08:00 open. Dié tydperk loop op 14 Julie 2023 om middernag ten einde. Alana Bailey van AfriForum moedig ouers aan…
22 May 2023 1 min

SA leerders se leesvaardighede power

AfriForum loof plaaslike skole wat eilande van uitnemendheid is en kinders behoorlik met geletterdheid toerus, maar is diep bekommerd oor die meeste skole se onderrig. Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriiForum, is aan die woord.
16 May 2023 1 min

Rusland: SA 'pleeg ekonomiese selfmoord'

Selfs al is wapens nie verskaf nie, het die besoek van Russiese skepe en vliegtuie en die gesamentlike vlootoefening, gegewe die huidige internasionale klimaat, die voorwaardes geskep vir Suid-Afrika om ekonomiese selfmoord te pleeg, waarsku Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
12 May 2023 1 min

Miljoene vir infrastruktuur in KZN nie bestee

Martin Meyer, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, sê dit het tydens ʼn portefeuljekomiteevergadering aan die lig gekom dat toelae teen ʼn slakkepas bestee word. Luister hier:
9 May 2023 1 min

Kommer oor ‘dubbele standaarde’ oor haatspraak

Ernst van Zyl van die burgerregtegroep AfriForum sê hulle is bekommerd oor die “verergerende dubbele standaarde” wat na sy mening gesien kan word in hofuitsprake, die regering se toepassing van wetgewing en mediaveroordeling.
4 May 2023 1 min

Hokaai met kabinet se ruim voordele - DA

Die kabinet kos Suid-Afrikaners byna R1 miljard per jaar. “En wat is die opbrengs op dié belegging vir Suid-Afrikaners? Fase 6-beurtkrag, ongebreidelde misdaad, toenemende armoede en dienste wat ineenstort," sê dr. Leon Schreiber.
3 May 2023 1 min

Skorsing van boelies ‘nie enigste uitweg’

Yolandi Singleton, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum in Pretoria-Noord, gee raad oor wat ouers en skole kan doen indien hul kinders by die skool afgeknou of geboelie word.
17 Feb 2023 2 min
80 – 98