Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Christianity
111 Episodes
40 – 60

Erediens - 15 Oktober 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Gen. 18, Jer. 5 Tema: Betroubaarheid “Afstootlik vir die Here is vals lippe, maar hulle wat betroubaar optree geniet Sy goedkeuring.” God soek eerlike mense, mense wat eerlik is in alles wat hulle doen, mense wie se praat en stap dieselfde is, mense wat hul beloftes…
15 Oct 2023 31 min

Erediens - 08 Oktober 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Romeine 5:3-5 & 2 Samuel 22:29-35 Tema: Veerkragtigheid/Uithouvermoë Vir die volgende paar weke gaan ons gesels oor Christelike Deugde. In hierdie opname praat ons oor Veerkragtigheid/Uithouvermoë. Dit is goed om gesond te eet en te oefen, genoeg te rus en stiltes in jou lewe in te…
8 Oct 2023 33 min

Erediens - 01 Oktober 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 12 Tema: “Ek wens ek was ’n monnik”   Ons praat oor hoe ‘n mens ‘n toegewyde gelowige kan wees, terwyl jy vergaderings moet bywoon, skool-kar ry, wasgoed was en rugby kyk.
1 Oct 2023 32 min

Erediens - 24 September 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Eks. 14 & Ps. 114 Tema: God gee die nodige, nie noodwendig die begeerlike.   God gee wat ons nodig het, en nie noodwendig wat ons wil hê nie. God se voorsiening is altyd eerste vanuit ‘n plek van liefde, dan mag. Vertrou ons werklik dat…
24 Sep 2023 30 min

Erediens - 10 September 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 5)

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 19:21-26 Tema: Opofferings in die Koninkryk van God Ons vra 2 belangrike vrae: 1. Wat in my lewe moet ek opoffer, wat keer dat ek met totale oorgawe aan God gehoorsaam kan wees? 2. Hoe lyk volmaaktheid in my oë vs God se oë?
10 Sep 2023 26 min

Deaf Friendly Erediens - 03 September 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 4)

LW: Hierdie diens was Deaf Friendly. Terwyl Nadia preek, praat sy ook in gebare. Dit is die rede waarom dit anders as haar normale "preek-stem" klink. Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 18:1-5 Tema: KoningsKINDERS In God se Koninkryk is alles anders as in die wêreld. Die wêreld sê: “wees volwasse,…
3 Sep 2023 23 min

Kinderdiens - 27 Augustus 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 3)

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 7:21-23 Tema: Gehoorsaamheid in God se Koninkryk. Jesus vra nie groot werke of baie geld nie, Hy vra net dat ons Hom moet KEN. Hierin kyk ons bietjie die vraag, hoe kan ek Jesus beter leer ken?
27 Aug 2023 20 min

Erediens - 20 Augustus 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 2)

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 6:28-33 Tema: Hoe lyk Prioriteite in God se Koninkryk? Bekommernisse oor belangrike en minder belangrike dinge het deel geword van ons menslike DNA, maar Jesus het gesê: "Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."…
20 Aug 2023 31 min

Erediens - 13 Augustus 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 1)

Hierdie is deel 1 van ‘n 6-weke reeks uit Matteus oor die feit dat God se koninkryk reeds op aarde heers (gerealiseerd). Dit is die rol van elke gelowige om hierdie koninkryk uit te wys. Maar hoe moet ons dit doen? Wat is ons rol in dit? In hierdie tema…
13 Aug 2023 30 min

Erediens - 23 Julie 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Openbaring 21:3-5 Tema: Openbaring: “So what?” Om in diepte te fokus op wat alles in Openbaring werklik beteken, sal ons jare besig hou. Tog is daar ’n baie belangrike funksie van Openbaring - ook vir my en jou in 2023. In die diens deel ons wat…
23 Jul 2023 28 min

Erediens - 09 Julie 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Op. 15; Joh. 5:24 Tema: God se regverdigheid In deel 3 kyk ons na hoe ons regverdigheid verstaan binne die konteks van hoe dit in die wêreld gaan, en Wie God is.
9 Jul 2023 42 min

Erediens - 02 Julie 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Openbaring (Verskeie) Tema: Die 7 Gemeentes van Openbaring
2 Jul 2023 48 min

Erediens - 18 Junie 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Joh. 3 Tema: Laat die wind jou waai, waar God jou wil hê!
18 Jun 2023 34 min

Erediens - 04 Junie 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Fil. 3 Tema: “Losing my religion“ Luister ook dié lied: https://www.youtube.com/watch?v=TIlnCfbaznE
4 Jun 2023 12 min
40 – 60