GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
486 Episodes
280 – 300

#DieGrootTrek - Cilliers Brink (Tshwane Burgermeesters Kandidaat)

Met die onlangse bedanking van voormalige Burgermeester van Tshwane, Randall Williams, is Cilliers Brink die kandidaat wat voorgesit is om die pos oor te neem. Hy dra ook die goedkeuring van die koalisie weg en het in die ateljee kom kuier om vir Doepie en Lise te vertel wie hy…
23 Feb 2023 36 min

#DieGrootTrek - Dr. Wladyslaw Altermann oor Natuur Rampe

Die laaste paar weke het ons ongelooflike reen en vloede gesien. Daar is ook aardbewings en tornados in die nuus bespreek. Dr. Altermann het met ons gesels oor wat al hierdie toestande veroorsaak en of die mensdom blameer kan word daarvoor asook hoe ons dit kan verbeter vir die volgende…
21 Feb 2023 19 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Lugwaardin - Daniella Milani)

Daniella is al vir die laaste 8 jaar n lugwaardin en kan ons meer vertel van wat presies agter die skerms aangaan voor ons op n vliegtuig klim. Dit is nie net altyd glitz and glamour nie en soms moet hulle goed doen wat buite hulle karakter val, maar steeds…
20 Feb 2023 34 min

#DieGrootTrek - Dwelmmuil - Jeanette Snyman

Jeanette Snyman was 46 jaar oud toe haar lewe soos handomkeer verander het. Sy is einde Maart 2014 op Oliver Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg in hegtenis geneem nadat dwelms by haar gevind is. Dit het haar jare lank in die tronk laat beland. Sy vertel haar storie van oorwinning…
16 Feb 2023 33 min

#JouGrootKuier - Liezl Pieters

Liezl het weer kom kuier in die ateljee en dit is n voorreg om haar weer hier te he. Ons gesels oor haar 2023 planne, haar Botswana vakansie en ook liefdes vooruitsigte wat sy het. Boonop bederf sy ons met haar goue stem en voer n paar akoestiese nommertjies op.
15 Feb 2023 29 min

#DieGrootTrek - Rassie die Karwag kry n verrassing

Rassie was onlangs in die nuus as die karwag wat op die voorkant van n voertuig gespring het wat gesteel is deur diewe uit die parkeerarea wat hy beman het. Ons hoor presies hoe die dag afgespeel het en kry toe ook n oproep van Thys van Zyl van Everest…
14 Feb 2023 18 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Higiene Spesialis)

Rene Calitz beskryf haarself as n "Hygiene Specialist" en sy gaan uit na onder ander hotelle, restuarante en besighede om n ondersoek te doen van hoe skoon hulle plekke is en dan raad te gee oor hoe om dit te verbeter.
13 Feb 2023 29 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Hoe om Krisis te hanteer)

Verskillende mense hanteer krisis op een van 3 maniere. Liezel van Intiem beskryf dit vir ons en ook hoe om te werk te gaan indien jy Krisis in jou verhouding beleef en ook hoe jy dit kan vermy om die beste moontlike verhouding te kan he.
9 Feb 2023 34 min

#JouGrootKuier - DroomSindroom

Die manne van DroomSindroom is weer terug in die ateljee en kan ons meer vertel van hulle laaste jaar. Die kerels het soveel groot geleenthede gekry vandat ons laas met hulle gesels het en gee ook vir ons die heel eerste smaakie van hulle nuwe enkelsnit.
8 Feb 2023 30 min

#DieGrootTrek - Larry Soffer Mentalist

Larry Soffer is n mentalist en vermaak gehore al van 'n jong ouderdom af. Hy was toevallig in Johannesburg en ons kon hom kry om in die ateljee te kom kuier en meer te vertel van wat dit is wat n mentalist doen en ook vir die luisteraars en Doepie…
7 Feb 2023 33 min

#DieGrootTrek - Joan Booysen

33 jaar gelede het Joan ontsnap uit die huis van Gert Van Rooyen. 'n Koelkop 16 jarige meisie het dit reg gekry om haarself uit die situasie te kry. Joan vertel vir ons hoe sy die trauma hanteer en wat sy vandag vir ander mense vertel om hulle ook deur…
26 Jan 2023 32 min

#DieGrootTrek - Nobuntu Webster & Rob Hersov

Nobuntu Webster is die onderleier van Build One South Africa waarvan Mmusi Maimane die leier is. Hulle het onlangs in samewerking met ander parteie hulself na die howe gewend om die regering en eskom aan te vat oor die beurtkrag kwessie. Sy vertel meer van wat hulle wil bereik en…
24 Jan 2023 32 min

#JouGrootKuier - Dozi

Met die Theuns Jordaan tribute show wat vinnig nader kom het een van sy vriende en kunstenaars wat sal optree by die show by ons kom kuier. Dozi maak al jare lank musiek en elke Suid-Afrikaner ken hom, ons vind uit wat volgende is vir sy sang loopbaan en wat…
20 Jan 2023 32 min

#DieGrootTrek - Prof. Glenda Gray oor Kraken Covid variant.

Met so baie stories wat rondloop en die publiek wat bang is vir verdere inperkings het Doepie dit goed gedink om te gesels met Prof. Glenda Gray. Sy is die President en CEO van die Suid Afrikaanse mediese Navorsingraad. Sy vertel ons meer van wat ons kan verwag van die…
17 Jan 2023 24 min

#JouGrootKuier - Charlize Berg

Ons skop die jaar se Jou Groot Kuier af met een van die beste stemme in ons land. Charlize Berg kom gesels met ons oor haar nuwe musiek vir 2023 en doen 'n paar akoestiese nommers vir ons.
13 Jan 2023 36 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Van Life paartjie)

Al ooit gevoel die geraas van die stad raak te veel en jy net alles wil verkoop, in jou kar spring en die land vol toer. Wel dit is presies wat Michael en Acasia gedoen het nadat hulle hul voertuig omskep het in n mobiele huis. Hulle vertel ons van…
12 Jan 2023 26 min

#DieGrootTrek - Dr Steve Harris (The Mind Doctor)

Soos wat ons 'n splinternuwe jaar ingaan is dit nodig dat ons doelwitte stel en die negatiewe van verlede jaar agterlos. Dr Steve Harris het al talle besighede en selfs die Springbokke gehelp om hulself reg te kry vir die groot uitdagings. Ons vind uit wat ons kan doen om…
9 Jan 2023 37 min
280 – 300