GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
486 Episodes
240 – 260

#JouGrootKuier - Tarryn Lamb

Sy is een van ons land se mees talentvolste sangers en mens kan hoor hoekom. Tarryn het kom kuier en voer n paar treffers akoesties op wat ons asems wegslaan en stel ook haar splinternuwe enkelsnit bekend.
7 Jun 2023 27 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem

Elke gesonde verhouding het konflik. maar hoe om dit reg te hanteer is belangrik. Liezel van Intiem kom kuier en gesels presies oor dit en help om jou verhouding nog beter te maak as wat dit reeds is.
6 Jun 2023 32 min

#DieGrootTrek - Afriforum se KuberBoelie gids

Leandi Brasler van Afriforum het ons meer kom vertel oor hulle Gids wat saamgestel is om seker te maak kinders en ouers weet waarvoor om op die uitkyk te wees as dit kom by kuber Boelies of as hulle kinders n slagoffer is van hierdie tipe boelies.
1 Jun 2023 12 min

#JouGrootKuier - Charlize Bergh

Die super talentvolle Charlize Bergh het kom kuier en vertel ons bietjie van haar nuwe musiek wat oppad is asook wat sy tans mee besig is. Sy wend haarself weer bietjie na die teater en is ook tans besig met 'n show waar sy van die grootste hits cover.
31 May 2023 29 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Dirigent - Christo

Al ooit gewonder wat doen die mense voor n koor of orkes wat staan en hulle hande so rondswaai? Wel Doepie het en dis waarom ons vir Christo ingekry het wat 'n dirigent is om vir ons te kom vertel van sy beroep en wat presies dit is wat hy…
29 May 2023 30 min

#JouGrootKuier - John-Henry (Klopjag)

Hulle musiek was die klankbaan vir soveel Pretorianers se studente dae en ons kan nog elke woord onthou. Wat 'n voorreg om John-Henry van Klopjag saam ons in die ateljee te hê en bietjie meer te hoor oor die ontstaan van die band asook waar in die wereld almal nou…
24 May 2023 32 min

#DieGrootTrek - Louise Carver

Nog n splinternuwe enkelsnit wat ons kan speel vir die heel eerste keer op Suid-Afrikaanse radio en dit nog die dag voor dit uitkom. Louise kom kuier by ons om te gesels oor "Selfish" en hoe haar loopbaan verander het oor die laaste 20 jaar.
18 May 2023 31 min

#JouGrootKuier - Loufi

Een van ons land se grootste afrikaans rappers kuier saam ons in die ateljee vandag. Loufi wys bietjie sy ander kant en vertel ons meer oor hoe hy van dwelms af kon kom met hulp van die Here en wat sy geloof nou vir hom beteken. Hy perform ook sy…
17 May 2023 31 min

#DieGrootTrek - Stian van Butterfly Foundation

Dit was ongelooflik lekker om met Stian van Butterfly foundation te gesels oor die groot impak wat hulle maak in verskeie plekke in SA. So is hulle ook betrokke by die hernuwing van Fort Klapperkop se staproetes en nog vele meer.
16 May 2023 25 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Boer (Werner Boshoff)

Ons weet met al die uitdagings in ons land dat die mense baie swaar kry. Maar wanneer laas het jy gedink wat die boere deurgaan. Ons gesels met Werner oor wat dit vat om in vandag se tyd n boer te wees, die uitdagings daarvan en ook hoe jong mense…
15 May 2023 30 min

#DieGrootTrek - Moedersdag Special

Dit was 'n groot bederf of Doepie asook Nina en Lise-Chris se mammas in die ateljee te hê net voor moedersdag. Die luisteraars het kans gekry om die moeders regstreeks vrae te vra oor die omroepers en paar van Doepie se skandes het dalk uitgekom. Ons wou net vir ons…
12 May 2023 24 min

#DieGrootTrek - SA Weerdiens

Me Jackie Modika van die Suid-Afrikaanse weerdiens kom kuier by ons vandag en help ons beter verstaan hoe die weer en weervoorspellings werk. Doepie wou graag weet of hulle net by die vensters uitkyk en besluit wat die weer is maar blykbaar is daar baie wetenskap agter die hele storie.
11 May 2023 32 min

#JouGrootKuier - Monique Steyn

Een van die juwele van Afrikaanse musiek, Monique Steyn, kuier vandag saam ons in die ateljee om bietjie te gesels oor haar rol in die Kontrak 3 en ook wanneer ons bietjie nuwe musiek kan verwag. Sy blaas ons ook weg met n paar akoestiese nommers in die ateljee.
10 May 2023 30 min

#DieGrootTrek - Vaping onder kinders Paneel gesprek.

Dit is geen geheim dat vaping onder kinders 'n groot probleem is nie. Dit affekteer nie net hulle by die skool nie maar kan ook geestelike probleme veroorsaak. Ons het n paneel van kenners bymekaar gesit om die probleem in meer diepte te bespreek. Dr Taban is 'n pulminoloog, Wilna…
4 May 2023 35 min

#JouGrootKuier - Elandre

Binnekort op stage by Lekkerland, Elandre het kom inloer by die ateljee en ons bederf met n paar van sy grootste treffers maar akoesties. So passievol soos altyd en met n stem soos geen ander kan jy gerus luister na hierdie Groot Kuier!
3 May 2023 31 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Konflikhantering)

Baie mense in verhoudings probeer konflik vermy, wanneer dit reg bestuur word kan argumente in jou verhouding n goeie ding wees. Liezel het kom inloer met praktiese stappe en voorbeelde van hoe ons te werk moet gaan om seker te maak dat hierdie nie ons verhoudings versuur nie.
2 May 2023 27 min

#DieGrootTrek - Thys van Zyl (Everest Wealth) April Inloer

Altyd 'n plesier as die man kom kuier. Thys van Zyl van everest wealth bespreek bietjie finansies. Ons fokus bietjie meer op 'n langtermyn uitsig en hoe jy nou al kan begin pelan om seker te maak jy en jou kinders het alles wat julle nodig het oor 10-15 jaar…
25 Apr 2023 32 min
240 – 260