Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program is ‘n móét vir elke boekwurm of liefhebber van Afrikaans. Maak ‘n merkie op jou kalender en moet dit nie misloop nie.
Monthly Afrikaans South Africa Arts · Books
64 Episodes
60 – 64

Boekkeuse - 19 May 2021

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons program vandag fokus op fiksie – twee romans onder bespreking, My naam is legio van Madelein Rust en Marita van der Vyver se ‘n Baie lang brief aan my dogter…
19 May 2021 58 min

Boekkeuse - 20 Apr 2021

Drie romans is onder bespreking, 'Rooiborslaksman' van Marinda van Zyl, Erwin Mortier se 'Wanneer die gode slaap' en Peet Venter se 'Dooies praat weer'. Belangrik ook is drie nuwe digbundels wat bekend gestel word: Gerard Scholtz se 'Stipstaar' en Bernard Odendaal se 'Nootvas. Kwashaal. Stapel.' Joan Hambidge lees drie gedigte…
21 Apr 2021 58 min

Boekkeuse - 17 March 2021

Ons program vandag fokus op fiksie – drie romans, Slagoffer van Francois Smuts, Hugo Claus se Verdriet in België, en Henda Olivier se Die goeie suster. Ook De Waal Venter se vertaling van Tomas Tranströmer se gedigte uit Sweeds. Kinder-en jeugboeke kry aandag, asook Richard Steyn se biografie oor genl…
17 Mar 2021 57 min

Boekkeuse - 17 February 2021

Dis ‘n baie spesiale program vandag. Ons stel die CD Wasgoedlyn bekend met vyf liedjies daaruit en bied besprekings aan van Man uit die dode van Chris Karsten, Skadukant deur Rina Cloete, Skepsel van Willem Anker, Antjie Krog se versdrama, Oog op die môre en Nataniel se kortverhaalbundel Dun, dik,…
17 Feb 2021 58 min
60 – 64