Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
194 Episodes
140 – 160

Blommevroue

Christine Ferreira gesels met die Blommevroue, Karien Greeff, Christa Calitz en Petrie Ehlers, drie jong vroue wat die lewe vir ander mooimaak en ‘n verskil in ander vroue se lewens maak deur hul werk. Boets Nel van De Krans in die Calitzdorp-omgewing vertel ons meer oor die geskiedenis van hierdie…
29 Mar 2022 1 hr 26 min

Ontdek 'n dieper verhouding met God

Christine Ferreira gesels met Mart-Marie Schoeman oor haar boek Op reis met God 40 Ontdekkingsreise vir ‘n dieper verhouding met God. Predikant en skrywer, Johann Voges, gesels oor sy jongste boek Anderkant twyfel kreukelgedagtes oor lewe en dood en die impak van verlies.
22 Mar 2022 1 hr 34 min

Rut & Boas

Christine Ferreira gesels met predikant en skrywer, Barend Vos, oor sy jongste boek Rut & Boas ‘n Liefdesverhaal. Pastoor Mariëlle de Vos deel interessante insigte oor hierdie Bybelvrou ter aansluiting. Daarna gesels Helena Hugo oor haar jongste roman Geloof soos ‘n mosterdsaadjie. En Christelle Webb-Joubert vertel meer oor die Lekkerluister-projek…
15 Mar 2022 1 hr 38 min

Hoop te midde van die stryd

Christine Ferreira gesels met narratiewe berader Faith Durie oor seën en vernuwing. Gebedstapper Peet Bekker deel sy jongste stapnuus en dr. Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap vertel meer oor die situasie onder gelowiges in die Oekraïne. Ons sluit die program af met ‘n gesprek met skrywer Maretha Maartens en medeskrywer…
8 Mar 2022 1 hr 39 min

Hoop vir stukkende en moedelose (jong) mense

Christine Ferreira gesels met prediker Ronell Bezuidenhout oor die gebruike van Lent of die Lydenstyd. Leigh-Anne Hill vertel oor hoe om vrees te oorwin en teoloog en berader, professor Wentzel Coetzer gesels oor stukkende en moedelose jongmense en hoe om hoop en heling in hulle lewens te bewerkstellig.
1 Mar 2022 1 hr 43 min

Deel jou storie

Christine Ferreira gesels met skrywer Lizette Murray oor haar jongste boek My hart se baie punte Hartstories vir elke ma. Elizma Esterhuyse en Zenobia Mouton vertel meer oor hulle projek Her Unspoken Truth wat hulp bied aan vroue wat aanranding blootgestel was. Mariana van der Merwe en haar skoonsus Cené…
22 Feb 2022 1 hr 39 min

Geestelike groei

Christine Ferreira gesels met skrywer en letterkundige Chris van der Merwe oor sy boek Die net is gebreek Gebed die weg na vrede en vervulling. Onderwyseres Vinkie Schaap van Centurion vertel oor ‘n voedingskema wat sy in Munsiville bedryf en Stephan Joubert gesels oor sy jongste dagstukkieboek In die Teenwoordigheid…
15 Feb 2022 1 hr 40 min

Kom ons praat oor die huwelik

Christine Ferreira gesels met egpaar Heinz & Alette Winckler oor hulle nuwe boek Kom ons praat oor die huwelik. Sielkundige dr Truida Botha gesels oor hoe om jou huwelik sterk en gesond te hou en daar word onder meer na dié dinge wat ons huwelike onder druk plaas, gekyk.
8 Feb 2022 1 hr 39 min

Hy maak ons heel

Christine Ferreira gesels met berader dr. Erika Hitge oor hoe om gelukkig te kan leef. Carli Labuschagne vertel meer oor haar boek Breekbaar wat deur ware gebeure geïnspireer is en Ciska Tait gesels oor Hoop Van siekwees na gesondword. Bly gerus ingeskakel vir sielskos en inspirasie.
1 Feb 2022 1 hr 38 min

Om met geloof te leef

Christine Ferreira gesels met Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suid-Afrika oor die Wêreldwaarnemingslys 2022 wat pas bekend gemaak is en word daar onder meer gesels oor die wêreldwye toename in die vervolging van Christene. Daarna kom skrywer, Maretha Maartens, aan die beurt en is die onderwerp van die…
25 Jan 2022 1 hr 43 min

Soos Petrus

Christine Ferreira gesels met egpaar Yolandi & Org van der Wath oor die voedingsprojekte waarby hulle betrokke is. Kunstenaar, Nicolene Jordaan van Kakamas vertel oor die Vader se hand in haar kunsonderneming en boervrou en skrywer Chante Hinds-Möller deel nuus uit die hartjie van die Karoo.
18 Jan 2022 1 hr 38 min

Sonneblomjaar

Christine Ferreira gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe dagstukkieboek ‘n Sonneblom vir elke dag, Marinda Engelbrecht vertel oor haar jongste kookboek spesiaal vir kinders en lewensafrigter Amanda de Lange gee riglyne oor hoe om die suur van die lewe in soet omskep.
11 Jan 2022 1 hr 43 min

Kyk hierdie flieks en TV-reekse die feestyd

Christine Ferreira gesels met Yolandi van der Wath oor die Pelgrimstog van hoop, ‘n plaaslike caminostaptog in die Suid-Kaap. Schalk Schoombie gee idees gee waarna om te kyk as dit kom by flieks en TV-reekse dié vakansie en sielkundige, Dr Truida Botha gesels oor dié dinge wat moontlik ons emosionele…
7 Dec 2021 1 hr 37 min

'n Lewe na God se wil

Christine Ferreira gesels met predikant, Dave Viljoen, oor die vervulling wat ‘n gestuurde lewe bring aan die hand van Barnabas en Paulus se lewens. Prediker en skrywer, Trevor Hudson, gesels met oor hoe om God se wil vir jou lewe te ontdek.
30 Nov 2021 1 hr 42 min

Bybelargief en meer

Christine Ferreira gesels met Lynette Leibach, die nuwe uitvoerende hoof van Geopende Deure. Dr. Andrew Kok vertel meer oor die NG kerk se Argief op Stellenbosch, Lisel Joubert gesels oor die ryk geskiedenis van vroue in die bediening na aanleiding van die boek Randfigure en Mari Joubert vertel meer oor…
17 Nov 2021 1 hr 26 min

Krag vir elke dag

Christine Ferreira gesels met Milanie Vosloo oor haar nuwe dagstukboek Krag vir elke dag, Sua du Plessis vertel meer oor die ToeligtingsBybel, Bertha le Roux-Wahl kuier saam en Angus Buchan gesels oor sy nuwe dagstukboek All that I need.
16 Nov 2021 1 hr 23 min

Parkinsonsiekte

Christine Ferreira gesels met skrywer, Erika Murray-Theron oor haar jongste boek Kom ons loop weg waarin sy haar hart deel oor haar en haar man se pad met Parkinsonsiekte. Arbeidsterapeut, Caretha Bronkhorst, gee raad oor die hantering van persone wat aan Alzheimer se siekte lei en teoloog en berader, Prof…
9 Nov 2021 1 hr 40 min

In gesprek

Christine Ferreira gesels met ds Ronell Bezuidenhout oor haar interessante landswye bediening. Ds. Rudi Swanepoel vertel meer oor ‘n projek wat ons anders laat kyk en dink wat hy saam met Ivor Swartz aanbied. Ina Bonette deel haar verhaal van oorwinning, genade en genesing as slagoffer van die Modimolle-monster na…
2 Nov 2021 1 hr 38 min

Vir die kinders

Christine Ferreira gesels met predikant, musikant, skrywer en spelterapeut, Siegfried Louw, oor sy Ligland-reeks kinderboeke en word dié dinge waarmee ons kleingoed op die oomblik sukkel soos angstigheid en alleenheid en hoe om dit te hanteer, bespreek. Kinderboekskrywer Jenna Northwood gesels oor haar reeks boeke vir kleingoed Vrugte van die…
26 Oct 2021 1 hr 37 min

Die tint van ons toekoms

Christine Ferreira gesels metJohan Cilliers oor sy boek Die tint van ons toekoms Padlangse gesprekke oor Psalms, Willem Nicol vertel meer oor nuwe en verrassende ontmoetings met God. Faith Durie gesels oor die woordjie ‘gee’ en die vele betekenisse wat dit vir ons as gelowiges inhou.
12 Oct 2021 1 hr 37 min
140 – 160