Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,753 Episodes
360 – 380

ToekomsVenster: Ervaar ware geluk

So ʼn lewe word met die ewige lewe beloon. So ʼn lewe ken vrede te midde van swaarkry, ervaar self warmte en barmhartigheid, so ʼn lewe is geseënd.
2 Oct 2023 10AM 2 min

ToekomsVenster: Vier die vrede

Jesus sê: My vrede gee ek vir julle. Nie die kortstondige en vals vrede van die wêreld nie. Hierdie is die Shalom Jahwe, omvattend, insluitend en genesend.
26 Sep 2023 2AM 1 min

ToekomsVenster: Vier jou verlossing

Sing ʼn loflied, steek ʼn kers aan en wees opgewonde! Die dood, die ewige dood, ʼn toekoms sonder God, het sy greep op jou lewe verloor.
26 Sep 2023 2AM 3 min

ToekomsVenster: Vier vreugde

Lag omdat die swaarkry vir altyd verby is. Lag omdat ons geliefdes op ons wag. Lag omdat die vriendelike Koning op die troon sit.
26 Sep 2023 2AM 3 min

ToekomsVenster: Vier verhoudings

Vier die mense wat die lewe vol, mooi, betekenisvol, selfs uitdagend maak. Vier iemand in jou konteks vandag deur ʼn opregte kompliment.
26 Sep 2023 2AM 3 min

ToekomsVenster: Kroon van die skepping

Gedurende hierdie week wil ek die fokus laat val op die dinge wat die lewe die moeite werd maak. Derhalwe nooi ek jou uit om saam met my die lewe te verken en die goeie gawes wat God gee te herontdek.
26 Sep 2023 2AM 3 min

ToekomsVenster: Wat is jou nalatenskap?

Somtyds word jou nalatenskap baie jare later eers besef en gevier. Nalatenskap en dankbaarheid vir die lewe as genadegawe, is verwant. Dis ʼn dankbare mens wat iets nalaat.
22 Sep 2023 9AM 1 min

ToekomsVenster: Alles is net genade

Onthou, alles, alles is genade en onverdiende guns alleen. Elke asemteug en elke tree is omdat die God van hemel en aarde dit in goedheid skenk. Dis wie Hy is, ʼn goeie God.
18 Sep 2023 10AM 2 min

ToekomsVenster: ‘Moenie te veel praat oor môre nie’

Hy staan gereed om my in môre te verwelkom, beloof dat Hy reeds die pad voorberei het, dat Hy net sal toelaat wat tot my vorming sal bydra, dat sy genade genoeg is, sy beloftes my sal dra en sy Woord my sal leer. Dankie Heilige Gees, U is alreeds…
8 Sep 2023 9AM 2 min
360 – 380