Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,109 Episodes
240 – 260

Mark wil nie proe aan Prosus-oorname

Henco Kruger bespreek die markaanwysers, en Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor Prosus se onlangse transaksie.
24 Feb 11AM 5 min

Nog net twee treë, dan is SA van die gryslys af

Ismail Momoniat, adviseur van die nasionale tesourie, bespreek die twee stappe om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder en sê die verbetering in die hantering van geldwassery behoort te help om misdaad en korrupsie te beveg.
24 Feb 11AM 9 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Christiaan Wessels, gesertifiseerde finansiële beplanner by Futurum Financial Group (FFG) en Andries Nel, welvaartbestuurder by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
21 Feb 11AM 14 min

Al Mabroor in sakeredding

Henco Kruger lewer die markverslag en Christiaan Wessels, gesertifiseerde finansiële beplanner by Futurum Financial Group (FFG), gesels oor die markte.
21 Feb 10AM 6 min

Maak jou boorgat só wettig

Nthatisi Modingoane, woordvoerder van die Johannesburg-metro, verduidelik hoe om jou boorgat wettig te maak.
21 Feb 10AM 6 min

Die ink is altyd in sy are

Tim du Plessis, veteraanjoernalis en politieke kommentator, gesels oor sy agtergrond, loopbaan en hoe hy ontspan.
20 Feb 11AM 13 min

Dít is die reëls as jy ’n boorgat wil sink

Die watertekorte in Gauteng dryf talle inwoners en besighede om na alternatiewe waterbronne, soos boorgate, te soek. Buks Venter, mede-eienaar van Buks Boorwerke, bespreek die regulasies en vereistes vir die sink van 'n boorgat.
20 Feb 11AM 8 min

Dowe mark beur voort

Hennco Kruger lewer die markverslag, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, bespreek die mark se reaksie op die uitstel van die begrotingsrede en die goudprys se nuwe hoogtepunt.
20 Feb 10AM 8 min

BTW breek toe die begrotinng

Liesl Peyper – senior joernalis, Moneyweb, Dawie Roodt – stigter en hoofekonoom, Efficient Groep, prof Alex van den Heever – voorsitter: studies oor die bestuur en administrasie van maatskaplike sekerheidstelsels, Universiteit van die Witwatersrand (Wits), en Hassan Essop – dosent: Departement Ekonomie, Stellenbosch Universiteit.
19 Feb 10AM 35 min

Rekordhoogtepunt vir die JSE

Henco Kruger lewer die markverslag, en Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor die JSE se rekordhoogtepunt en Kumba se finansiële resultate
18 Feb 11AM 4 min
240 – 260