Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,095 Episodes
120 – 140

Goud, gouer, goudste

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor die goudprys en Remgro se handelsverslag.
18 Mar 12PM 9 min

Patrice Motsepe se ARC wil denoteer

African Rainbow Capital beplan om sy minderheidsaandeelhouers uit te koop en van die JSE te denoteer. Een van die mede-uitvoerende hoofde, Johan van Zyl, bespreek hul denotering en die groep se finansiële resultate.
18 Mar 12PM 8 min

Kontant is koning, maar bestuur die risiko’s

Jac de Wet, welvaartsbestuurder by PSG Wealth, gesels oor die risiko's wat gereeld misgekyk word en die geleenthede wat verlore gaan as gevolg van kontant wat nie op sinvolle maniere belê word nie.
18 Mar 12PM 7 min

Groot verwarring oor BTW-vrygestelde produkte

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het verlede week in sy begrotingsrede 'n aankondiging oor BTW-vrygestelde produkte gemaak. Charles de Wet, belastingkenner by ENS Africa, verduidelik die besonderhede.
17 Mar 12PM 6 min

Thungela sien ’n lig in die Transnet-tonnel

SA se grootste steenkooluitvoerder, Thungela, het vandag sy winssyfers bekend gemaak. Die omset is 16% hoër, terwyl die wesensverdienste per aandeel laer is. Die finansiële hoof, Deon Smith, bespreek die resultate.
17 Mar 12PM 10 min

Eerste kriminele klagte teen KleuterZone-hoës

Anoniem gesels oor hulle kriminele klagte teen twee KleuterZone-hoës en sê die bedrog wat ontdek is, is dat die registrasienommer en die naam van die skool op hul aandeelsertifikaat nie ooreenstem nie.
17 Mar 12PM 11 min

MTN verras

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor die goudprys en MTN se finansiële resultate.
17 Mar 12PM 8 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Nelis Brink, direkteur by PSG Wealth R21, en Morne Lyon, finansiële raadgewer by Futurum Financial Services (FFG), beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
14 Mar 11AM 16 min

Die Johannesburgse Aktekantoor is een groot gemors

Die Johannesburgse Aktekantoor, wat verantwoordelik is vir die registrasie van eiendomstransaksies, funksioneer tans onder moeilike omstandighede. Karla Strydom, lid van die Johannesburgse Prokureursorde se eiendomskomitee, bespreek die probleme en die verskuiwing na 'n nuwe kantoor.
13 Mar 12PM 4 min
120 – 140