Casper Oelofsen, entrepreneur en sakeontwikkelaar, gesels met sy gaste oor ’n wye spektrum van werksdinge vir werksmense, veral in vandag se chaotiese en onvoorspelbare “wildtuin”.
Anita Lloyd en Candice Bester van The Real Housewives van die Wynlande-faam is bekend om hul vlymskerp tonge, ongefilterde menings en hul onmiskenbare chemie. In dié reeks pak Anita en Candice elke week die absurditeite van die alledaagse.
7 Apr
1 episodes
Afrikaans Explicit Society & Culture
Wat gebeur werklik agter die skerms op stel van ’n fliek of TV-reeks? Aanbieder-akteur Pascual Wakefield en gaste verklap geheime en deel staaltjies wat jou dalk met nuwe oë na jou gunsteling- plaaslike TV-reeks of fliek sal laat kyk.
Kom sit elke week aan by die “kostafel” van die bekroonde kospersoonlikheid en Sarie-kosredakteur, Herman Lensing, waar hy ons aan die mense agter die kos voorstel, wat ons so liefhet. Of dit nou ’n sjef se kombuisongeluk is, ’n slagter se geheim vir die perfekte biltong, of die storie agter…
Ná ’n onlangse kankerdiagnose besef die bekende TV-persoonlikheid Shari Kennedy net weer die belangrikheid daarvan om gesonder en meer holisties te leef. In hierdie reeks deel sy haar persoonlike gesondheidsreis waar sy by kenners om hul insigte en raad aanklop oor hoe om langer, gesonder én lekkerder te leef!
Elke week sit die bekende sielkundiges, dr. Louis Awerbuck en Anton Böhmer, saam met kenners om hul virtuele ronde tafel om te gesels oor geestesgesondheid en welsyn.
Loop weekliks terug in tyd saam met die aanbieders Bun Booyens en Francois Haasbroek wanneer hulle oor dié mense en gebeure gesels wat die verloop van die geskiedenis heeltemal verander het.
Die 26-jarige Mia Vorster en haar pa, die bekende ekonoom Theo Vorster, gesels openhartig oor als van persoonlike geldsake en finansiële beplanning tot begrotings en Bitcoin.
Elke Vrydagoggend plaas twee van Netwerk24 se ondersoekende joernaliste, Mia Spies en Almari Wessels, die groot nuusgebeure van die week onder die vergrootglas.
Aanbieder en gesoute Media24-joernalis Gerda Engelbrecht nooi elke week ’n joernalis of oudjoernalis om diep te delf in die stories wat hul loopbaan en lewe gevorm het.
Gee jou huis nuwe lewe, een leefruimte op ’n slag! Tuis-redakteur Wicus Pretorius en kenners staan by met planne, truuks en oplossings vir regrukdilemmas in elke leefvertrek.
Malani Venter, redakteur van Die Burger se Eiendomme-bylae, klop by kenners aan vir raad oor hoe om slim in die eiendomsmark te belê en slaggate mis te trap.
Elke maand gee die tuinmaakkenner JJ van Rensburg en medeaanbieder Beatrice Moore-Nöthnagel, artikelredakteur van Tuis, slim wenke en leiding oor dít wat daardie maand in jou tuin moet gebeur sodat jy heeljaar ’n lushof kan geniet.
Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans. Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.
5 Apr
47 episodes
Afrikaans Places & Travel
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.